Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Inkommers

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Companion-weg 20, Mtwalume, 4186, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R940 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Inkommers is in Mtwalume en dit is net 100 m vanaf die strand en 2 km vanaf die hoofswemstrand.

Die verblyf beskik oor 'n woonstel met slaapplek vir 4 gaste en 'n aparte eenheid vir 2 gaste wat as 1 eenheid bespreek word.

Die hoofslaapkamer in die woonstel het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is 'n kombuis wat ten volle toegerus is, sitkamer met rusbanke en DStv. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en deel die badkamer in die hoofslaapkamer. Die aparte eenheid het 'n dubbelbed, 'n TV met gedeelde DStv en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is ook 'n buitestort met warm en koue water. Gaste moet hul eie swemhanddoeke en strandstoele saambring. Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolfoond, stoof, oond en broodrooster toegerus. Gaste kan hul maaltye by die etenstafel geniet en in die sitkamer met DStv ontspan.

Daar is ook ’n ontspanningskamer met ’n pooltafel en ’n veerpyltjiebord. Ongelukkig word ekstra besoekers nie toegelaat nie.

Daar is 'n buitebraai-area en voldoende parkeerplek op die omheinde perseel en gaste kan in die tuin ontspan. Gratis hout is beskikbaar. Houtskool en vuuraanstekers kan voorsien word teen kosprys. Let asb. daarop dat die eienaars saam met hulle troeteldiere op die perseel woon. Op aanvraag kan gaste 2 klein tipe hondjies saambring. Katte word ongelukkig nie toegelaat nie.

Mtwalume bied verskeie aktiwiteite, soos visvang, branderplankry, swem of net lekker op die strand en rotse stap. Die sardientjieloop van Augustus tot Oktober is elke jaar 'n groot aantrekking. Groot getalle Walvisse kan ook van Junie tot einde November gesien word. Dolfyne is ook algemeen te sien. Die groot verskeidingheid voëls, skoenlappers, ape en reptiele is interresant om waar te neem. Gehoorsaam asb. die voorsorgmaatreëls wanneer die ape in die nabyheid is.
Die verblyf is 10 km noord vanaf Hibberdene, 36 km vanaf Port Shepstone en 90 km suid vanaf Durban.

Inkommers het batteryligte, binne en buite, sowel as watertenks.

Daar is baie besienswaardige plekke in die onmidellike omgewing om te besoek. Gratis brosjures is beskikbaar by die Toeriste Inligting kantoor op Hibberdene.

Slaapplek

’n Bespreking by Inkommers sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Waaier
  • Klein kombuis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 30 resensies vir Inkommers
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Adriaan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 30

Jaar gelys 4

Ligging

  • Companion-weg 20, Mtwalume, 4186, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Inkommers het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R940
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R940
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Companion-weg 20, Mtwalume, 4186, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb49a36f96e87218920e4f93eae64701e735c6ba0c082acb4a4c2523cb7eba11bef53b3260f52c076b9ca0eb3a346fc9a947a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R940 per nag, vir 6 mense 30 5 1 5 20 Companion Way Mtwalume 4186 KwaZulu-Natal 021 201 8901 13:00-20:00 10:00 -30.497988788616 30.629030278025
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem