Izinkwe Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 14 % af

Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6 vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Izinkwe Lodge is 'n prentjiemooi wild-lodge in die Loskopvallei, 60 km vanaf Middelburg in Mpumalanga. Dis slegs 2 ure vanaf Pretoria, en 15 km vanaf Loskopdam. Izinkwe Lodge bied gaste 'n rustige wegbreek en 'n unieke wild- en natuur-ervaring.

Die lodge het 'n hoofkamp, gesin-chalets, selfsorgeenhede, tentkampe asook 'n privaat boshut. Die hoofkamp het 6 chalets wat elkeen 1 slaapkamer, 'n en suite-badkamer en koffie- en teemaakgeriewe het. 'n Gedeelde kombuis, kroeg, braai-area en 'n kouewaterswembad is ook beskikbaar.

Die gesin-chalets is 2 en suite-chalets wat elkeen slaapplek vir 5 gaste het. Koffie- en teemaakgeriewe word voorsien en gaste gebruik die gemeenskaplike kombuis in die hoofkamp.

Die 2 safari-tente het elkeen 'n privaat badkamer, braai-area en met sonkragbeligting. Daar is 'n donkie vir warm water maar geen krag nie. Die kombuis is toegerus met 'n gas- en koolstoof, 'n gasvrieskas en al die nodige breekware en eetgerei. Albei tente het toegang tot 'n swembad wat slegs in die somer volgemaak word. 'n Rivier vloei ook in die somer verby die eenhede. Dié eenhede is ongeveer 3 km van die hoofkamp af.

Die boshuis is stapafstand vanaf die tente, maar ongeveer 3 km van die hoofkamp. Dit beskik oor 'n oopplan-slaapkamer en -sitkamer. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n badkamer buite met 'n opelugstort, 'n toilet en 'n bad. Die eenheid het sy eie kombuis met 'n gas- en koolstoof. Daar is 'n braai-area met 'n yskas vir ys wat daagliks aangevul word. Al die nodige breekware en eetgerei word voorsien. Krag is ongelukkig nie beskikbaar nie, maar die eenheid beskik oor sonkragligte en warm water wat deur middel van 'n donkie voorsien word. In die somer vloei 'n rivier verby die huis.

Die wittebrood-suite het 'n privaat braai-area en 'n kombuis wat volledig toegerus is. Die luukse en suite-eenhede het elkeen 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, mikrogolfoond, yskassie, breekware en 'n opwasarea. Daar is 'n privaat braai- en kuierarea by elke eenheid.

Elke eenheid beskik oor die nodige beddegoed en badhanddoeke. Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke en toiletware saambring.

Doendinge by Izinkwe Lodge sluit wildritte, 4x4-roetes, visvang op 'n vang-en-vrylaat-basis, minigholf, pool, tafeltennis, staproetes en bergfietsroetes in. Daar is 2 kouewaterswembaddens en 2 Jacuzzi's. Ontbyt, middag- en aandetes kan op aanvraag voorsien word. Spa-behandelings is beskikbaar op versoek en kan by die kantoor bespreek word.

Let asseblief daarop dat geen 2x4-voertuie of sportnutsvoertuie op die 4x4-roete toegelaat word nie. Die paaie is glad nie geskik vir voertuie met 'n lae grondvryhoogte nie. Wildritte kan op een van Izinkwe Lodge se wildkykvoertuie gereël word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Kantoorgeriewe
  •  Sekretariële Geriewe
  •  Internet
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Izinkwe Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 R514 per nag (vir 2 mense)

Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6 vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za