LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Kagga Kamma Nature Reserve | LekkeSlaap
+51

Kagga Kamma Nature Reserve

Lodge
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R303, 100 km buite Ceres, 6835, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 716 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Kagga Kamma Nature Reserve is bekend vir sy natuurskoon en dramatiese rotsformasies tipies aan die Sederberge, en bied aan gaste 'n unieke wegbreek-ervaring.

Verblyf is beskikbaar in mensgemaakte grot-suites of ruim grasdak-huisies wat geskik is vir 2 tot 4 gaste.

Die grot-suites is so gebou dat dit integreer met die natuurlike sandsteenformasies. Die voorkant van die suites is mensgemaak en die agterste binnemuur is van natuurlike sandsteen. Elke suite het 'n dubbelbed, 'n en suite-badkamer en bied toegang tot 'n stoepie met 'n uitsig. Gaste kan die pragtige rotsformasies van naby verken in dié suites wat naatloos in hul omgewing saamsmelt.

Die ruim grasdak-huisies lyk soos die tradisionele wonings van die San-stamme wat baie jare gelede in die reservaat gewoon het. Dié opelugkamers het elk 2 enkelbeddens of 'n dubbelbed. Hier kan gaste onder die sterre slaap, maar steeds gemaklik wees.

Die lodge se restaurant bedien ontbyt, middagete en aandete. Aandete in die buitelug-boma onder die naghemel is 'n hoogtepunt.

Met 'n ryk kulturele erfenis, bied hierdie geestelike land skouspelagtige natuurskoon, antieke rotskuns, inheemse fauna en flora en 'n fenomenale naghemel; waar die Melkweg, miljarde sterre, planete, satelliete en verskietende sterre gaste verstom.

Kagga Kamma is ook ideaal vir avontuurlustiges en gaste kan bergfietsry, 4x4-ry, rotsklim, voetslaan en sommer net rustig stap. Kom leer meer oor die plant- en wildspesies van dié droë gebied op begeleide 4x4-uitstappies en ontdek wild soos springbokke, sebra's en elande, asook kleiner, minder bekende, maar interessante inheemse diere.

Gaste kan die Suidelike sterrehemel verken op 'n sterrekyk-toer wat deur 'n gids begelei word. Die oop en donker nagte maak die Sederberge die ideale sterrekyk-bestemming waar gaste uitstekende uitsigte van die maan, sterre, satelliete, planete en die Whirlpool-sterrestelsel kan geniet.

Op Kagga Kamma se bekende rotskuns-toere verken gaste die indrukwekkende kultuurgeskiedenis van die omgewing tydens 'n begeleide verkenningstog van die woonplekke van die stamme wat eens hier gewoon het. Gaste kan ook 'n vierwielmotorfiets-safari geniet, wat hulle neem na meer afgeleë, ontoeganklike dele van die reservaat, of 'n rustige skemerkelkie-toer.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Dataprojektor
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Internet
  • Televisie
  • Videospeler
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 6 resensies vir Kagga Kamma Nature Reserve
Netheid
4.7/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
3.7/5

Ligging

  • Langs die R303, 100 km buite Ceres, 6835, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kagga Kamma Nature Reserve het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Tankwa Karoo Wes-Kaap
Vanaf R2 716
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R2 716
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R303, 100 km buite Ceres, 6835, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAOD1o7WSK963U2kAasu3NYVmD9CFrQSGIl4jqGZbq86XiICrjvD?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 716  per nag (vir 2 persone) 6 5 1 5 Off R303 100 km from Ceres 6835 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -32.746132 19.562365
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!