Vryheid Akkommodasie by Kambula Lodge | LekkeSlaap
+26

Kambula Lodge

  • Kapasiteit: 33 persone
  • Inkloktyd: 00:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Eensgevonden 62, Kambula-verbypad, Vryheid, 3100, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Kambula Lodge bied gerieflike en netjiese kamers en is in Vryheid in KwaZulu-Natal geleë. Dis perfek vir gaste wat op soek is na gasvryheid en huislike akkommodasie om te ontspan en weg te breek uit die stad uit.

Akkommodasie by Kambula Lodge bestaan uit 13 kamers waarvan 1 toegerus is vir selfsorg. Die 12 kamers is ruim en gemeubileer met 'n dubbelbed of 2 driekwartbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort of bad, wasbak en toilet. Hierdie kamers bevat geriewe soos waaiers en verwarmers, 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n haardroër en 'n tee- en koffiemaakskinkbord.

Gaste kan 'n smullekker ontbyt in die eetkamer geniet waar ander smaaklike maaltye ook voorgesit word. Kambula het ook 'n swembad waarin jy op 'n somersdag kan afkoel, 'n volledig gelisensieerde kroeg en sitarea waar jy kan kuier en ontspan, en 'n vermaakarea met 'n veerpyltjiebord en pooltafel.

Braaigeriewe is beskikbaar.

Veilige parkeerplek is beskikbaar vir voertuie en 'n kort entjie se ry weg is 'n verskeidenheid geriewe en besienswaardighede beskikbaar, soos 2 bekende slagvelde, warmwaterbronne, 'n vakansieoord en ook Vryheid Natuurreservaat.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Wildritte

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Dataprojektor
  • Kantoorgeriewe
  • Internet
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3.9 uit 5van 2 resensies vir Kambula Lodge
Netheid
4.0/5
Diens
3.5/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Eensgevonden 62, Kambula-verbypad, Vryheid, 3100, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Kambula Lodge het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Vryheid KwaZulu-Natal
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 33 persone
  • Inkloktyd: 00:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Eensgevonden 62, Kambula-verbypad, Vryheid, 3100, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGIwZjk0NjdmLWNiNTYtNDY0Ni1hOGRkLWEyMzViNDI1OWRjOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R850  per nag (plek vir 2) 2 5 1 4 62 Eensgevonden Kambula Bypass 3100 KwaZulu-Natal 086 999 0018 00:00-23:00 10:00 -27.78179679644 30.738463997841
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za