Kenton-on-Sea Akkommodasie by Kariega Game Reserve - Main Lodge | LekkeSlaap
+11

Kariega Game Reserve - Main Lodge

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kariega Wildreservaat, R343, Kenton-On-Sea, 6191, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R9 200 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Kariega Wildreservaat is in die Oos-Kaap geleë en strek oor 10 000 hektaar van ongerepte wildernis. Die reservaat is die tuiste van die beroemde Groot 5 asook talle sebras, seekoeie, kameelperde en verskeie bok- en voëlsoorte. Kariega is op die Afrika-vlaktes geleë en is 'n absolute juweel, versteek tussen manjifieke heuwels en dramatiese riviervalleie. Hiér kan gaste lekker ontspan en net die asemrowende uitsigte oor die bosveld en Afrika-wild geniet. Kariega Wildreservaat word deur 'n gesin besit en bestuur en hulle staan slaggereed om jou by hierdie bosveld-paradys te verwelkom.

Kariega se hoof-lodge bied 'n ontspanne en vriendelike omgewing waar gesinne, vriende en paartjies bymekaar kan kom en die Afrika-atmosfeer kan geniet. Verblyf word aangebied in 21 hout-chalets met lugversorging, en suite-badkamers, kaggels, satelliet-TV's en groot privaat uitkykdekke. Elke chalet het 'n ruim sitkamer en leefarea, waar gaste lekker kan kuier voor hulle in die slaapkamer gaan opkrul. Elke slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 2 enkelbeddens of 'n dubbelbed. Elke en suite-badkamer het 'n stort en 'n bad. Tee- en koffiemaakgeriewe, internet-toegang, 'n kluis en telefoon is beskikbaar in elke chalet.

Die lodge is netjies versteek in die omliggende bosveld om die 'n egte natuurlike omgewing te skep. Gaste kan tradisionele etes in die restaurant of boma geniet, 'n drankie by die kroeg nuttig of net lekker afkoel in die swembad. Sommige van die chalets het selfs hul eie privaat swembad en bied baie privaatheid. Al die chalets het asemrowende uitsigte oor die Kariega Riviervallei.

Tariewe sluit twee safari-ritte per dag in, asook alle etes, maar geen drankies nie. Riviervaarte, begeleide wandelinge en kano's is ook ingesluit by die tarief.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte Ingesluit
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gimnasium
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Groot 5
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Tee
  • Alle Etes Ingesluit

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Kantoorgeriewe
  • Rekenaar Netwerklewering
  • Internet
  • Skuifie-projektor
  • Televisie
  • Videospeler
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Kariega Game Reserve - Main Lodge
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Kariega Wildreservaat, R343, Kenton-On-Sea, 6191, Oos-Kaap
  • Gaste dink Kariega Game Reserve - Main Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R9 200
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R9 200
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kariega Wildreservaat, R343, Kenton-On-Sea, 6191, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDI5YmE4M2M0LTk4OWMtNGFlNi05NzUxLTI4ZWE0NjhhYTUxNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R9 200  per nag (vir 2 persone) 1 5 1 5 Kariega Game Reserve R343 6191 Oos-Kaap 086 999 0018 12:00-19:00 10:00 -33.644429429515 26.633380651474
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za