LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Karoo Country Inn | LekkeSlaap
+24

Karoo Country Inn

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 25 resensies vir Karoo Country Inn
Netheid
4.4/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.2/5
Tersia G - Apr 2022
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Tersia G
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rustig.

Vosburg is 'n pragtige skoon klein dorpie. Hotel herinner aan die hotelle in Cowboy-flieks. Ou hotel met plankvloere, silwerskoon linne, kamers baie netjies. Vloere wat kraak as jy daarop loop mag dalk sommige mense pla. Mense baie gasvry. Aandete was heerlik. Lekker rondgeloop en huise bewonder. As jy stilte soek, is jy op die regte plek. Sal enige tyd aanbeveel.

Christelle V - Jan 2022
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Christelle V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Gasvry, vriendelik en skoon.

Kos was heerlik.

Stephan D - Jan 2022
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Stephan D

Baie vriendelike mense. Lekker gebly. Sal beslis aanbeveel.

Ons het baie lekker gebly en die kos was heerlik. ’n Spieël bo die wasbak in die badkamer sou gerieflik gewees het. So ook ’n stoel in die kamer. Tafeltjies of bedkassies langs die bed, om ’n tydskrif ens. op te sit in die nag, sal ook gerieflik wees. Die plek was egter skoon en netjies en ons het baie lekker gekuier.

Andriette B - Des 2021
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Andriette B
Gesin met tieners

Gesellig.

Skoon, maar oud en effens afgeleef.

Liliana C - Des 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Liliana C
Gesin met tieners

Karoo rusplek.

Die klein dorpie rustigheid maak dit 'n heerlike oornagplek vir die lang pad.

Lourens B - Mrt 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lourens B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lekker gekuier by Pottie en Winnie - smaaklike aandete en lekker ontbyt!

Het hier oorgeslaap op 'n roadtrip deur die Noord Kaap en ou familiedorpe van my vrou besoek - goeie en vriendelike diens en gasvrye mense - sal beslis weer daar oorslaap.

Sterna L - Mrt 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Sterna L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lekker ontspanne Karoo verblyf.

Die eienaars was baie vriendelik en hulpvaardig. Kamer kon beter gemeubileerd wees, bv. daar is geen spieël in die badkamer nie en geen bedkassie. Die ontbyt was baie lekker, maar die aandete was eenvoudig.

Anton O - Mrt 2021
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Anton O
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie lekker oorslaap.

Welkom in die sewentigs. Wanneer laas het jy in 'n hotel gebly waar jy TV kan kyk in die TV Lounge of in die eetsaal aansit vir ete? Die ou hotel is 'n wonderlike gebou wat Winnie en Pottie onder hulle vlerk geneem het. Alles kraak soos dit moet. Sal beslis weer daar oorbly.

Wilmi L - Jan 2021
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Wilmi L
Gesin met klein kinders

Pragtige klein Karoo-dorpie!

Die slaapplek is baie basies, maar genoeg vir oorslaap. ’n Netjies en skoon plek en die gaste is aangenaam en gasvry. Dis die enigste plek wat aandete op die dorp bedien en daarom was die kos buitensporig duur.

Lizette C - Des 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Lizette C
Gesin met klein kinders

Baie lekker oorslaapplekkie.

Baie goed verwelkom, gasvry en behulpsaam. Lekker geëet.

Marishe J - Des 2020
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marishe J
Saam met vriende

Heerlike oornag slaapplek.

Baie lekker oornag slaapplek, vriendelike en gasvrye ontvangs. Etes baie lekker.

Marise V - Nov 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Marise V
Gesin met tieners

Reg as jy net wil oorslaap.

Eienaars is baie gasvry. Hotel is baie oud en is mooi reggemaak. Dis effens duur in vergelyking wat jy by ander plekke kry. Hul kan aandag gee aan klein detail soos seep in die badkamer en dalk 'n klein yskassie in die kamer. Perfek as mens net vinning wil oorslaap en hul doen moeite met veilige parkering.

Carine K - Sep 2020
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Carine K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lekker geslaap.

Stel paar goed voor om dit meer gerieflik te maak: Bedkassie met liggie, tafel, stoel of klerehakies in badkamer, vullisdrom in badkamer.

Max G - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Max G
Saam met vriende

'n Bed in die Karoo.

Pottie was vriendelik, ons het lekker gebly.

Sunelle E - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sunelle E
Gesin met tieners

Baie verwelkomend.

Die oom en tannie is dierbaar! Laat mens dadelik welkom voel. Ons het baie lekker geëet en geslaap! Sal definitief weer gaan kuier.

Laetitia B - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Laetitia B

Baie mooi herhinneringe na 44 jaar. Gawe locals ontmoet in die kroeg. Het gevoel of ons by familie tuisgaan.

Ons het lekker gerus en lekker gekuier. Was soos om by familie oor te slaap.

Egon S - Des 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Egon S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Enjoyed our overnight stay.

Very good stop over en route to Cape Town for Joburg.

Lizelle B - Nov 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lizelle B
Gesin met tieners

Hartlike Karoo-gasvryheid!

Karoo Country Inn is die ideale oornagplek op die lang pad tussen die Weskus en Bloemfontein! Heerlike aandete, veilige parkering.

Jan En Dalien V - Aug 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jan En Dalien V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlike rustige Karoo-verblyf met uitstekende kos en vriendelike diens en die vriendelikste mense

Ons gasheer en gasvrou Pottie en Winnie het ons soos familie behandel. Ons wou nie vertrek nie! Die hotel is netjies en alhoewel hulle nog met restourasie besig is, doen dit geen afbreek aan die diens en netheid en gasvryheid nie. Hulle het vir ons baie moeite gedoen omdat my man nie kan trappe op en af klim nie en het ons aandete sommer in die boonste sitkamer bedien. Baie dankie vir die heerlike verblyf. Ons kom weer!

Marita S - Aug 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marita S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rustig.

Ons was nou vir 16 dae op die pad en dié oornag was een van ons hoogtepunte. Pottie en Winnie word sommer net daar vriende. Die kamers was baie skoon, netjies en baie groot. Ons het paar van die inwoners ontmoet en lekker saam hulle gekuier. Winnie se aandete en ontbyt was uit die boonste rakke. Baie dankie, sien julle gou weer.

Suzaan R - Jun 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Suzaan R
Gesin met klein kinders

Regte klein dorpie gasvryheid.

Ons het baie lekker gebly. Die eienaars is baie behulpsaam en vriendelik.

Andries V - Jun 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Andries V
Enkelreisiger

Pragtige ou gebou, regte outydse kleindorpie hotel.

Het baie lekker rustig hier gebly, kamer was netjies, gebou is baie mooi en ryk aan geskiedenis, die eienaars was baie vriendelik en hulpvaardig.

Hanlie C - Apr 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hanlie C
Gesin met tieners

Dit was karaktervol, gasvry en heerlik!

Ons het baie lekker hier gebly. Ons was bederf met 'n heerlike steak aandete en heerlike ontbyt voor ons weer in pad moes val. Die Inn het baie karakter met ou houtvloere en kamers is netjies en skoon. Sal weer daar gaan bly!

Johan C - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Johan C
Gesin met klein kinders

Skoon en vriendelik.

Die ou hotel is stadig besig om 'n nuwe baadjie te kry. Dis 'n belewenis om so in die ou dae te kan oorslaan. Die kamers is netjies en skoon. Probeer asb. die plattelandse besighede ondersteun, hulle hou hierdie geboue wat deel is van ons geskiedenis aan die lewe.

Karoo Country Inn se terugvoer

Baie dankie.
Ons ons probeer so ver moontlik alles doen in ons vermoee om ons gaste se verblyf so aangenaam as moontlik te maak.
Ons bied ook van hierdie jaar af middagetes aan asook kroegetes vir persone wat op reis is en iets soek om te eet em te drink.
Vriendelike groete,
Pottie en Winnie

Karoo Country Inn
Faan G - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Faan G
Saam met eggenoot / lewensmaat

Het lekker gebly in skoon en netjiese kamers en is gasvry ontvang.

Die ontvangs was goed en mense baie behulpsaam en hul menslikheid was opmerklik. Sal Karoo Country Inn aanbeveel.

Karoo Country Inn se terugvoer

Baie dankie. Ons ons probeer so ver moontlik alles te doen in ons vermoee om ons gaste se verblyf so aangenaam as moontlik te maak. Ons bied ook van hierdie jaar af middagetes aan asook kroegetes vir persone wat op reis is en iets soek om te eet em te drink.
Vriendelike groete,
Pottie en Winnie

Karoo Country Inn
Vanaf
R760
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R760
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R760
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Markstraat 2, Vosburg, 8780, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAn0JBHggDDotPHRPuDzsuAMDDn5Xy6lFcDfExSBSAWno6CCQQjM?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R760  per nag (plek vir 2) 25 5 1 5 2 Mark Street Vosburg 8780 Noord-Kaap 086 999 0018 15:00-20:00 10:00 -30.576837980014 22.881259918213
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!