Karoo Akkommodasie by Karoo Ridge Eco-lodge | LekkeSlaap
+20
+20

Karoo Ridge Eco-lodge

Selfsorg
  • Vanaf R4 450 per nag (vir 8 persone)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Karoo Ridge Eco-lodge, Karoo Ridge Bewarea, Middelburg, 5900, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Karoo Ridge Eco-lodge is 'n kothuis in die Karoo Ridge Bewarea, sowat 58 km vanaf Middelburg in die Oos-Kaap. Dié lodge skuil op 'n 5000 hektaar-plaas met inheemse Nguni- en Watusi-beeste en ander wild.

Die kothuis is in 'n pragtige, stil vallei met ongelooflike natuurskoon geleë en is eenvoudig en smaakvol versier. Die kothuis is van herwinde materiaal gebou en beskik oor 4 slaapkamers wat elkeen 2 driekwartbeddens het. Daar is 2 slaapkamers wat en suite-badkamers het en die ander 2 kamers deel 'n badkamer. Al die slaapkamers lei na 'n gemeenskaplike oopplan-leefarea. Die kombuis is goed toegerus met 'n yskas, oond en 'n stoof. Maaltye kan voorsien word, mits dit vooraf gereël word. Die kothuis lei na 'n groot stoep met braaigeriewe en 'n vuurput.

Gaste kan gerus op die wandelpaaie gaan stap of hulle bergfietse saambring en die plaas op hulle eie tyd verken. Kyk uit vir die sebras, swartwildebeeste, gemsbokke, springbokke, swartwitpense en blesbokke. Daar is ook plaasaktiwiteite en bewarea-toere waarna gaste kan uitsien. Verder bied die lodge spanbou-aktiwiteite, gesinspret, en Pa-en-Seun-naweke.

Slaapplek

’n Bespreking by Karoo Ridge Eco-lodge sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Karoo Ridge Eco-lodge, Karoo Ridge Bewarea, Middelburg, 5900, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 450
per nag (vir 8 persone)

Sien meer verblyf in

Karoo Oos-Kaap
Vanaf R4 450
per nag (vir 8 persone)
Vanaf R4 450
per nag (vir 8 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Karoo Ridge Eco-lodge, Karoo Ridge Bewarea, Middelburg, 5900, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGFlZTA2MTA0LWMyZTQtNDhlMi04MjE4LTAxNmI0NTMyMzRiMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R4 450  per nag (vir 8 persone) Karoo Ridge Eco-lodge Karoo Ridge Conservancy 5900 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -31.247916666667 25.44075
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za