Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Karoo Rus

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Klipstraat 2, Montagu-Wes, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Karoo Rus bied twee opsies, die een is Karoo-Rus met twee slaapkamers wat ingerig is vir vier gaste. Dan is daar ook Tiny Karoo-Rus wat ingerig is vir slegs 2 gaste. Vir 6 gaste kan altwee bespreek word.

Karoo Rus bied 'n rustige toevlugsoord met 'n pragtige uitsig op die Langeberge in die geskiedkundige dorp Montagu in die Wes-Kaap. Montagu lê tussen Kaapstad en Oudtshoorn op die bekende Kaapse Roete 62.

Verblyf is beskikbaar in 2 selfsorg-eenhede: die hoofhuis en die kothuis.

Die huis beskik oor 2 slaapkamers en is geskik vir 4 gaste. Karoo Rus is juis so ingerig dat gaste kan ontspan. Dit is 'n plek waar families en vriende mekaar weer kan vind en net lekker kan kuier. Die kombuis is met 'n yskas, tweeplaatstoof, mikrogolfoond en 'n gasstofie vir beurtkrag toegerus en daar is 'n binnebraai. Die stoep bied 'n pragtige uitsig, daar is 'n hangmat en 'n buitebraai, en gaste kan in die privaat plonspoel met 'n uitsig op die berge ontspan. Die plonspoel kan ook op koeler dae verhit word. Daar is privaat en veilige parkeerplek op die perseel.

Tiny Karoo-Rus is 'n moderne klein kothuis vir 2 in die hartjie van Montagu-Wes. Die kothuis het lugversorging vir die warm somersdae en 'n verwarmer vir die koue wintersaande. Die kothuis het 'n oopplan-uitleg met 'n slaaparea, 'n badkamer, 'n kombuisie en 'n dek. Die slaaparea het 'n dubbelbed. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die kombuisie is toegerus met 'n yskas, mikrogolf oond, tweeplaatgasstoof, ketel, breekware en eetgerei. Die dek het sitplek en buitebraaigeriewe en daar is 'n marmerbad op die dek waar gaste onder die sterre kan ontspan.

Montagu is bekend vir sy warm minerale bronne, asook museums, kunsgalerye, boeremarkte en restaurante.
Waarvoor Montagu seker die bekendste is, is sy natuurskoon en al die wandelroetes, rotsklim en bergklim.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 42 resensies vir Karoo Rus
Netheid
4.8/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.2/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Hendrik Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 42

Jaar gelys 4

Ligging

  • Klipstraat 2, Montagu-Wes, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Gaste dink Karoo Rus het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R900
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R900
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Klipstraat 2, Montagu-Wes, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA206603826af79ee71bd60bbfeadaacef657003df851b72994a51882b935785d9800c8367388aaf274b50522ee767d6b49523?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag (plek vir 2) 42 5 1 5 2 Klip Street Montagu West 6720 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.782464705976 20.112394953725
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem