Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Katberg Mountain Resort & Hotel

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.1/5

Neil Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 4

Jaar gelys 2

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 4 resensies vir Katberg Mountain Resort & Hotel
Netheid
4.3/5
Diens
4.0/5
Ligging
3.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.0/5
Eleanore D - Des 2023
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
2/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
2/5
Eleanore D

Baie mooi natuur en ligging, maar die hotel het baie onderhoud nodig.

Ons vakansie was ongelukkig nie soos ons beplan het nie. Eerstens is die pad na die hotel toe baie sleg en jy het 'n 4x4 nodig om by die hotel te kom. Die badkamer en toilet is baie teleurstellend en dit het die vakansie heeltemal vir ons bederf. Die toilette werk nie reg nie en is baie naby aan die deur. Die storte is oud en die water is bruin, so om te stort/bad was nie 'n plesier nie. Hulle kan ook meer moeite doen met die etes.

  Nuttig  (1)
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Katberg Mountain Resort & Hotel se terugvoer

Dear Eleanore,

Thank you for taking the time to fill in the review and provide feedback. We will continue to improve in order to provide an excellent guest experience. Every week, we carry out a project so we can meet and exceed standards. Have a great week ahead.

Katberg Mountain Resort & Hotel
Dorotheaelizabeth O - Nov 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Dorotheaelizabeth O
Saam met eggenoot / lewensmaat

Mooi in die berge.

Baie lekker verblyf. Vriendelike personeel en goeie kos.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Katberg Mountain Resort & Hotel se terugvoer

Dear Dorothea

Thank you so much for the wonderful review.
We will keep on striving to improve and we have weekly and daily targets and projects.
We look forward to welcoming you back to Katberg Mountain Resort & Hotel and seeing the improvements.
Katberg Mountain Resort & Hotel will be making the Eastern Cape proud once more.
Have a great week ahead.
(I have started a vegetable garden so our food can be fresh and tasty)

Katberg Mountain Resort & Hotel
Annerie M - Jul 2023
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Annerie M
Gesin met klein kinders

Pragtige hotel en omgewing. Oos-Kaap se trots.

Ons het vir slegs een aand oorgeslaap by die Katberg Hotel, op ons soeke na sneeu. Die hotel is 'n geskiedkundige plek, amper 'n monument in die Oos-Kaap. Dit was my eerste keer daar. My ouers het seker 40 jaar gelede daarheen gegaan op wittebrood. Ons verblyf was lekker. Die omgewing is mooi en ek dink dit sal in die somer 'n wonderlike bestemming wees. Die kamers was netjies. Die badkamers was wel oud. Ek neem aan die kamers is oorgedoen, maar die badkamers kort aandag sowel as die matte in die kamers. Ek sou voorstel dat die beddens elektriese lakens kry vir die winter. Ons het spesifiek in die Katberg gaan slaap met die doel om sneeu te kry in die bergpas, 30 km van daar af. Dit was 'n suksesvolle uitstappie en ons het 'n heerlike sneeu ervaring gehad. Hogsback is nie ver hiervandaan nie, maar ons wou juis sneeu sien waar dit nie 'n vertrapping is nie. Ek dink die Katberg Hotel is 'n lekker plek. Ek sou graag wou sien dat hulle meer aggressief bemark, want ek dink hulle kan meer besoekers kry sou hulle meer bemark. Daar is ook 'n pragtige gholfbaan. Ek sien uit om Katberg weeer te besoek. Ons ontvangs was vriendelik. Die personeel is baie bedagsaam en die aandete en ontbyt was heerlik. Ons het lekker in die kuier area om die vuur gekuier. Ek stel ook voor dat die hotel hulself bemark vir besighede. Ek sal graag wil sien dat hierdie monument en trots van die Oos-Kaap, floreer met besoekers.

  Nuttig  (1)
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Katberg Mountain Resort & Hotel se terugvoer

Hi Annemarie
Baie dankie hierdie positiewe resensie. Dit was 'n plesier om jou groep hier te ontvang en te huisves. Bly om te hoor dat julle soektog na sneeu suksesvol was. Glo dat die kinders dit moes geniet het. Die hotel was gesluit vir verskeie jare en is deur die huidige eienaar so 2 jaar gelede gekoop. So ja daar is nog 'n lang pad vorentoe. Dankie vir jou insette en sal dit oordra aan my personeel. Hoop om julle weer te sien en te kan huisves!

Katberg Mountain Resort & Hotel
Adrie P - Aug 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Adrie P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie mooi, aaklige pad, lekker kos.

Baie baie mooi, maar kan sien die versorging van die tuine word agtergelaat - seker COVID en droogte. Die kos was ongelooflik en ons waiter, skaam, maar baie baie oulik. Nie mal oor ontvangs nie, maar oor die algemeen lekker, warm mense.

  Nuttig  (1)
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Vanaf
R2 100
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R2 100
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R2 100
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 61 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R351, Katbergpas naby Fort Beaufort, Katberg, 2410, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9c1038001a8d57a1a076cae6792772eabc562c4f3df47ce29958a894bf18c87c23b5165bb3b5adc2a4d05b5365d692dc038f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 100 per nag, vir 2 mense 4 5 1 5 Off the R351 Katberg Pass near Fort Beaufort 2410 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -32.488428375433 26.681317394135
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem