Kaya La Provence

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kaya La Provence is op die grens van Constantia en Wynberg geleë. Dit is slegs 'n klipgooi van die pragtige Constantia Wynroete af, en hierdie eenheid lê halfpad tussen Kaapstad en Muizenberg. Kaya La Provence bied 2 en suite-kamers wat ingerig is vir B&B in die herehuis, 1 selfsorgkothuis en 1 selfsorg-ateljee in die pragtige tuine.

Die kothuis bied die opsies vir een slaapkamer met 'n en suite-badkamer, of 2 slaapkamers en 2 badkamers. Albei opsies bied 'n oopplan-sitarea en -eetarea en 'n kombuis wat ten volle toegerus is. Die tweede, kleiner slaapkamer het 'n driekwartbed. Daar is 'n volledige gesinsbadkamer wat beskik oor 'n toilet, wasbak, stort en bad. Die sitarea het 'n enkelbed. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en die kothuise het ook elkeen 'n privaat patio met braaigeriewe en 'n ontbythoekie. Die tweede kamertjie en die gesinsbadkamer sal afgesluit word en is nie tot gaste se gebruik indien die bespreking slegs vir 1 persoon is nie. Kinders van alle ouderdomme is welkom. Die selfsorgkothuis is rolstoelvriendelik. Minimumverblyftydperk tydens spitsseisoen en gedurende Paasfees is 3 dae.

Die 2 B&B-suites (La Luna en Le Soleil) het albei koninggrootte-beddens en en suite-badkamers (La Luna het 'n bad, 'n stort, dubbelwasbak en toilet en Le Soleil het net 'n stort, wasbak en toilet). Die enkelbeddens in La Soleil kan as 'n koninggrootte-bed opgemaak word. Die eenhede is elk toegerus met 'n yskassie, koffie- en teemaakgeriewe, japonne, toiletware, 'n haardroër, elektriese kombers, plafonwaaier, paneelverwarmer, plasma-TV met DStv en gratis WiFi. Franse deure maak oop op privaat patio's en gaste kan ontspan in die gemeenskaplike leefarea of op die onderdak-patio wat uitkyk oor die tuin. Kinders onder 12 jaar oud word slegs toegelaat in B&B Manor House indien altwee kamers in die B&B (Le Soleil en La Luna) vir die gesin bespreek word.

Die selfsorg-ateljee 50 m² groot en het 'n dubbelbed, badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n sit- en eetarea en 'n kombuisie.

Let asb. daarop dat daar nie 'n skoonmaakdiens op Sondae en Kersdag beskikbaar is nie en geen ontbyt sal op hierdie dae aan B&B-gaste bedien word nie. Gaste sal die aand voor hierdie dae 'n klein ontbytpakkie ontvang, wat hulle in hul kamer of op hul patio kan geniet. Op 24 Desember moet gaste teen 15:00 inklok en gaste kan nie op 25 Desember in- of uitklok nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Wynproe

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kaya La Provence gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 050 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za