Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

KayanZee Lodge

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Stefna Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 17

Jaar gelys 6

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 17 resensies vir KayanZee Lodge
Netheid
4.8/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.7/5
Gideon F - Des 2023
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Gideon F

Verblyf was gemaklik.

Vir 'n groot groep sou meer storte gemakliker gewees het, i.p.v. badens in kamers. Kamers was oor die algemeen skoon, net baie insekte in die kamers. Aanwysings om die oond aan te sit sou gehelp het. Trappe by die boonste kamer moet gereeld nagegaan word om ernstige beserings te voorkom. 'n Aparte vrieskas kan baie help, veral met groot groepe wat te min vriesplek vir vleis en ys het. Watertoevoer na die badens is baie stadig. 'n Waaier in die leefarea sal help in die somer. Die dak lek water in die leefarea as dit reën en drup op die eettafel.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

KayanZee Lodge se terugvoer

Hello Gideon, baie dankie vir jou voorstelle - ek waardeer dit opreg. Ek neem kennis daarvan en sal verseker die aanbevele idees oorweeg en waar moontlik toepas.

Die volgende sal aandag geniet: watertoevoer na die baddens, die trap meer gereeld nagaan, oondinstruksies opsit, ens. Groter yskas en waaier sal in plek kom.

Ons het 'n groot storm gehad in Desember en waar nodig probeer om betyd die dak reg te maak om ongerief te voorkom. Jammer dat dit steeds gedrup het. Ons is tans besig om die hele dak oor te kam na die storm. Die tyd tussen julle aankoms en die storm het ons net ingehaal.

Insekte by die rivier is die natuur. Dus is dit noodsaaklik om die ligte af te hou en deure toe te hou. Insekdoder is ook orals in die kamers beskikbaar. Ons spuit ook voor elke gas se aankoms insekdoder.

Nogmaals dankie - ek waardeer positiewe terugvoer, en sal verseker daarvan werk maak.
Groete
Stefna

KayanZee Lodge
Angie N - Des 2022
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Angie N

Rustig.

Weereens heerlik gebly, netjiese en skoon verblyf op die rivier.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

KayanZee Lodge se terugvoer

Angie, baie dankie vir jou mooi terugvoer. Dit word opreg waardeer, en dit is altyd lekker om julle by ons te akkommodeer. Ek hoop om julle weer tydens julle volgende besoek in S.A. te sien. Geniet 2023 baie, en ek hoop dit is vir julle 'n mooi en voorspoedige jaar. Baie liefde.

KayanZee Lodge
Johnny E - Jun 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johnny E
Saam met eggenoot / lewensmaat

Fantasties.

Kan nie anders as om volpunte te gee nie. Ongelooflikke plek. Ons as familie het net almal die grootste lof vir die gasvryheid en gerief wat ons ervaar het. Kon ook my kleinkinders leer visvang.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

KayanZee Lodge se terugvoer

Hallo Johnny, baie dankie vir jou mooi boodskap. Dit lê warm onder my hart. Ons hoop om julle gou in die toekoms weer te sien. Stuur groete vir almal.
Stefna

KayanZee Lodge
Daleen V - Jan 2022
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Daleen V

Perfect place for a few days away fishing.

Host were awesome and very helpful. Some beds needs replacing but otherwise rooms were nice and spacious. The fact that the fishing is right on your doorstep was awesome.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

KayanZee Lodge se terugvoer

Daleen, thank you for your review. We appreciate it and will definitely attend to our beds.

Hope to see you again soon.

Stefna

KayanZee Lodge
Anel K - Jun 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anel K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Was rustige wegbreeknaweek saam familie, net te kort. Ideaal geleë langs die Vaalrivier.

Ontspanne atmosfeer, ons het heel tuis gevoel. Gerieflik en baie netjies ingerig. Pragtige aparte kamers. Ideaal vir families/vriendekuiers langs Vaalrivier en ook lekker verrassing om wild te kon sien. Ons sal vir seker in somer weer wil gaan om swembad ook te kan benut.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

KayanZee Lodge se terugvoer

Baie dankie vir die mooi resensie.. Dit lê my na aan die hart.
Ons sien julle hopelik in die somer weer.

KayanZee Lodge
Elsje V - Apr 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elsje V

Beste familievakansie in 'n lang tyd.

Dit is 'n vreeslike oulike plek waar mens lekker kan kuier, die kamers is baie mooi en netjies alles wat mens nodig het is daar. Die kombuis is ten volle toegerus, die TV kamer is gemaklik vir die kinders gewees. Ons gasvrou was baie behulpsaam en vriendelik en het elke dag kom seker maak dat alles in orde is en of ons iets nodig het. Ons vakansie was heerlik ons wou nie terugkom nie. Die ligging is perfek. Ons kom definitief weer kuier.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

KayanZee Lodge se terugvoer

Liewe Elsje, baie dankie vir jou mooi boodskap. Dit lê my baie na aan die hart, en is vir my altyd heerlik om sulke vriendelike gaste by ons te akkomodeer. Ek hoop ons sien julle sommer gou weer.

KayanZee Lodge
Angie N - Mrt 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Angie N
Saam met vriende

Lekker visgevang!

Netjiese en skoon akkomodasie op die oewer van die rivier. Die perseel word gedeel met die eienaars.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

KayanZee Lodge se terugvoer

Baie dankie vir die mooi kompliment. Dit word opreg waardeer.

KayanZee Lodge
Christo A - Okt 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Christo A
Saam met vriende

Baie lekker gekuier saam met vriende.

Kayanzee Lodge het aan al ons verwagtinge voldoen. Ons gasvrou was baie vriendelik en die fasiliteite eersteklas. Die ligging reg langs die Vaalrivier is puik.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

KayanZee Lodge se terugvoer

Christo, baie dankie vir die mooi boodskap wat 'n riem onder my hart is.

Ek waardeer dit regtig baie, en hoop om julle sommer gou weer te ontvang.

Baie groete vir almal
Stefna

KayanZee Lodge
Michael G - Feb 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Michael G
Gesin met klein kinders

Wonderlike mense en plek.

Veilig, mooi versorg, en netjies.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

KayanZee Lodge se terugvoer

Michael, baie dankie vir die mooi terugvoer. Ek waardeer dit opreg.

Stefna

KayanZee Lodge
Leyandre M - Apr 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Leyandre M
Gesin met klein kinders

Wat 'n wonderlike plek! Stukkie Hemel op aarde.

Dit was 'n ongelooflike lekker wegbreek. Pragtige, rustige plek. Perfek vir rus, uit die geraas en gejaag. Sal definitief gou weer gaan. 5 sterre.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

KayanZee Lodge se terugvoer

Leyandre, baie dankie vir jou mooi resensie vir Kayanzee. Ek waardeer dit ongelooflik baie.

Dankie dat julle sulke spesiale gaste vir Kayanzee is, en dat ons julle kon ontvang.

Hoop ons sien julle sommer spoedig weer.

Stefna

KayanZee Lodge
Mike K - Nov 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Mike K
Saam met vriende

Netjiese verblyf in ‘n pragtige omgewing met ‘n vriendelike gasvrou wat jou tuis laat voel.

Baie skoon en netjiese akkommodasie op die walle van die vaalrivier. Die 4 ruim kamers huisves 8 persone wat saam lekker kan kuier in die toegeruste kombuis en leefarea. Die vriendelike gasvrou staan gereed om seker te maak jou verblyf is ‘n onvergeetlike ervaring.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

KayanZee Lodge se terugvoer

Mike, ek hoop dit gaan goed.

Baie dankie vir jou mooi boodskap, ons waardeer dit opreg.

Lekker dag
Stefna

KayanZee Lodge
Jacques L - Okt 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jacques L
Saam met vriende

Almal het dit geniet.

Die enigste teleurstelling was die feit dat die lapa wat op die water uitkyk en op die foto's gebruik word om die eiendom te bemark nie deel is van die eiendom nie. Dit behoort aan die eienaar van die eindom, wie se blyplek direk langs KayanZee Lodge is.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

KayanZee Lodge se terugvoer

Jacques, baie dankie vir jou mooi terugvoer. Ek maak dadelik die foto reg wat verkeerde inligting gee. Ek waardeer jou eerlikheid in die verband.
Groete vir almal, en geniet die dag.

KayanZee Lodge
Tinus E - Okt 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Tinus E

Baie netjiese verblyf onder die waaksame oog van Stefna.

As 'n mens Parys besoek en jy soek baie goeie verblyf naby maar tog nie in die dorp self nie kan jy nie fouteer met KayanZee Lodge nie. Die gasvrou Stefna hou 'n oog oor alles en sorg dat dinge glad verloop.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

KayanZee Lodge se terugvoer

Tinus, baie dankie vir mooi boodskap oor KayanZee, ons hoop om julle weer by ons te ontvang.

KayanZee Lodge
Madelle W - Jun 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Madelle W
Saam met eggenoot / lewensmaat

Vredevol en gasvry.

Dit is 'n fantastiese wegbreekplek. Gasvrye eienaars. Pragtige uitsig en goed toegeruste eenhede en kombuis.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

KayanZee Lodge se terugvoer

Baie dankie vir jou mooi boodskap. Dit lê ons baie naby aan die hart.
Dit was lekker om julle by KayanZee te akkomodeer. Hoop ons sien julle gou weer.

KayanZee Lodge
Madeleen M - Feb 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Madeleen M
Gesin met tieners

Perfek vir 'n lekker gesinswegbreek, netjies, skoon en veilig met die vriendelikste verwelkoming.

Wat 'n asemrowende plek. Jy word vriendelik verwelkom en na omgesien. Kamers is ruim, netjies en skoon en hoe wonderlik dat elkeen sy eie badkamer het. Die kombuis het alles wat jy nodig het en die leefarea is 'n lekker kuierplek. Visvang, voëlkyk, stap en ontspan langs die swembad onder lowergroen bome. Kan nie wag om weer te gaan kuier nie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

KayanZee Lodge se terugvoer

Madeleen, baie dankie dat julle KayanZee gekies het vir julle uitspan naweek. Ek is baie bly dat julle dit geniet het.

Baie dankie vir die mooi resensie. Glo my, dit word baie waardeer.

Ons sien uit daarna om julle binnekort weer as gaste te ontvang.

Groete.

KayanZee Lodge
Rochelle S - Feb 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Rochelle S
Gesin met klein kinders

Breathtaking tranquillity on a riverbank!

What a delightful surprise! First of all the hostess constantly kept track of our arrival and then when we eventually arrived, she was waiting in the rain to welcome us to the facility and show us around the place. It is absolutely beautiful and the web site does not do justice to the spectacular view of the river and the entire place. The rooms are amazing and the set-up is so private for individual couples or families staying there together. The pool was sparkling, despite the weather and the place is equipped with everything you need and more! The hostess and her family are very friendly and constantly checked in to see if all was well and also to offer advise on where to go as it was our first visit to Parys - but I can safely say it will not be the last - especially to KayanZee Lodge. My husband and I spent our anniversary there with our children and grandson and he also thoroughly enjoyed himself. Just the drive to and from the gate is wonderful with the all the game that can be seen at such close range - definitely a highlight for my grandson!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

KayanZee Lodge se terugvoer

Rochelle,

Baie dankie vir jou wonderlike resensie. Ons sien uit daarna om julle weer by ons te ontvang.

Groete
Stefna

KayanZee Lodge
Jurgens V - Jan 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jurgens V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie oulike plek en 'n lekker rusplek vir 'n naweek.

Sal enige tyd aanbeveel. Baie netjies, goeie styl en uitleg en wat 'n lekker en rustige view oor die Vaalrivier.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

KayanZee Lodge se terugvoer

Jurgens en Trienie, baie dankie vir die mooi kompliment en goeie gradering, dit word opreg waardeer.

Dit was 'n voorreg om julle as gaste te akkomodeer, en hoop ons sien julle weer in die toekoms.

Groete vir die familie

KayanZee Lodge
Vanaf R4 200
R4 200 R3 780
per nag (plek vir 8)
Vanaf R4 200
R4 200 R3 780
per nag (plek vir 8)
Vanaf R4 200
R4 200 R3 780
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Schoemansdrift-weg, Jumanji 17, Parys, 9585, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAhJAYxnVIl3EEbdAFvqbXGjIsniDc7yPPgxfnzDKQiE6kujGpJn?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R4 200 nouVanaf R3 780 per nag (plek vir 8) 17 5 1 5 Schoemansdrift Road Jumanji 17 9585 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.927705393622 27.402447271164
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem