Kingfisher Lakeside Retreat

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kingfisher Lakeside Retreat is in Trafalgar, 'n kusoorddorp wat deel vorm van Southbroom, geleë. Southbroom het 'n 4 km-lange strand en beskerm sy kusbos met passie. Die instansie is op 'n privaat erf teen die strand geleë en bied direkte toegang tot 'n varswatermeer. Dis in 'n rustige area met 'n oorvloed van fauna en flora.

Daar is 2 ten volle ingerigte en luukse tente wat elk slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders bed bied, en 'n kothuis wat slaapplek aan 4 volwassenes bied.

Kingfisher Tent is smaakvol versier en het 'n koninggrootte-bed met die opsie om 2 enkelbeddens by te voeg op versoek. Daar is 'n en suite-badkamer met 'n opelugstort. Weaver Tent is smaakvol versier met 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens, en ’n en suite-badkamer met 'n opelug-dubbelstort. Tee- en koffiemaakgeriewe is beskikbaar.

Daar is selfsorggeriewe in die gemeenskaplike area met 'n kombuis wat volledig toegerus is tussen die 2 tente.

Die Fisheagle Kothuis het 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Elke kamer het 'n waaier en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en wasbak. Linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Die sitarea het gemaklike sitplek en lei na 'n stoep met braaigeriewe en bied toegang tot 'n gemeenskaplike swembad, vuurput en buitestort.

Daar is verskeie doendinge en fantastiese restaurante en besienswaardighede in die area. Bote en roeispane is ook beskikbaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kingfisher Lakeside Retreat gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za