Montagu Akkommodasie by Klein Nektar Farm Cottage | LekkeSlaap
+27
+27

Klein Nektar Farm Cottage

  • Vanaf R1 950 per nag (vir 4 persone)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langstraat 32, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Klein Nektar Farm Cottage is die perfekte kombinasie van stedelike en plattelandse verblyf. Die pragtige selfsorgkothuis is op 'n manjifieke wyn- en olyfplaas van 3 hektaar genaamd Klein Nektar in die hartjie van die historiese dorpie Montagu geleë. Dit is net 'n kort entjie se stap van verskeie restaurante en winkels af.

Die mooie kothuis beskik oor 'n asemrowende plaasstyl-kombuis met 'n kaggel, gasstoof en -oond, yskas-vrieskas, sonkrag- en gaslampies, warm en koue water en braaigeriewe. Dit word omring deur golwende groen grasperke. Klein Nektar is heeltemal onafhanklik van Eskom elektrisiteit en munisipale water. Hier is dus geen TV nie. Ons werk net met gas en sonkrag.

Elkeen van die 2 kamers het 'n koningingrootte-bed wat oorgetrek is met kraakvars katoenlinne. Die kamers deel 'n badkamer met 'n stort. Die oopplan-leefarea, -eetarea en -kombuis het grasdakke, gehalte-meubels en aandag aan detail wat 'n lig en lugtige atmosfeer skep.

Die hoogtepunt van Klein Nektar is die diep, skaduryke stoep reg rondom die eenheid, met sitplek, 'n buite-eetstel en romantiese dagbed.

Geniet die uitgestrekte uitsigte oor die olyfboord, perdekampe en indrukwekkende berge terwyl jy heerlik braai in die privaat tuinarea of die res van die plaas verken. Gaan stap deur die olyfbome, en gaan loer in by ons vrugteboord en chardonnay-wingerd.

Rook word slegs buite toegelaat. Ongelukkig word geen troeteldiere toegelaat nie.

Slaapplek

’n Bespreking by Klein Nektar Farm Cottage sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 16 resensies vir Klein Nektar Farm Cottage
Netheid
5.0/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Langstraat 32, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Gaste dink Klein Nektar Farm Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 950
per nag (vir 4 persone)

Sien meer verblyf in

Montagu Boland Wes-Kaap
Vanaf R1 950
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R1 950
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langstraat 32, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQ4YTc4MDMyLTJiNGQtNGE0NC1iY2U1LWRhNTdmMzAxNmY3ZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 950  per nag (vir 4 persone) 16 5 1 5 32 Lang Street Montagu 6720 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -33.791877886708 20.117456985398
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za