Kleinkloof Farm
- Kapasiteit: 24 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Steenebrug Plaas 153, Erfdeel 4, 15 km vanaf Piketberg, 7320, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 008 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Kleinkloof Farm is teen die Piketberg-bergreeks geleë, met asemrowende uitsigte van die Rooi-Karoo in die rigting van die Winterhoekberge. Dit is 'n rustige, plattelandse toevlug op 'n olyfplaas.
Verblyf is beskikbaar is 'n versameling ou werkershuisies wat omskep is in aparte selfsorg-eenhede. Elke huis is versier in 'n luukse, maar stemmige styl wat.
Elke kothuis het sy eie tuin en swembadjie. Let asb. dat die kothuise nie individueel omhein is nie. 'n Sak vuurmaakhout word voorsien en ekstra sakke kan gekoop word. Ander items soos vuuraanstekers, kerse, vuurhoutjies, 'n rooster en tange word voorsien. Let asb. dat die kothuise nie 'n mikrogolf het nie. Vullissakke, sout en peper, Engelse en rooibostee en skoonmaakmiddels is beskikbaar. Die eenhede is troeteldiervriendelik vir goed gemanierde diere, mits dit vooraf gereël word.
Hier kan jy lang, warm somersdae geniet langs die swembad of opgekrul voor die kaggel in die winter.
Let asb. daarop dat daar 'n grondpad op pad na die verblyf is.
Daar is nie WiFi nie aangesien die sein wisselvallig is. Dit is ook so met selfsoonsein.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Steenebrug Plaas 153, Erfdeel 4, 15 km vanaf Piketberg, 7320, Wes-Kaap
- Gaste dink Kleinkloof Farm het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Wes-Kaap
- Kapasiteit: 24 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Steenebrug Plaas 153, Erfdeel 4, 15 km vanaf Piketberg, 7320, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom