Klipspruit River Resort

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Klipspruit River Resort is 'n gesinsoord aan die oewer van die Vaalrivier. Dié oord word omring deur inheemse bome met volop voëllewe. Die oord het 'n rustieke voorkoms en atmosfeer met verskeie verblyfopsies.

Daar is hutte, chalets, karavaan- en kampplekke en 'n boskamp. Elke chalet het 'n badkamer en daar is ook ablusiegeriewe stapafstand vanaf die hutte en kampplekke.

Daar is 3 swembaddens, 2 waterglybane en 'n speelgrond met putt-putt.

Ander doendinge sluit tafeltennis en vlugbal in. Jy kan ook kajak op die Vaal.

Die oord het ook 'n lapa met 'n kontantkroeg, platskerm-TV en 'n kiosk wat maaltye en peuselhappie verkoop.

Skool- en kerkkampe kan ook hier gehou word, asook kinderpartytjies, troues en ander funksies.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  DVD-speler
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Klipspruit River Resort gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R230 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za