Knightsbury Luxury Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Knightsbury Luxury Guest House bied gerieflike verblyf in 'n pragtige Tudor-styl huis in Rondebosch en dis ideaal vir oordeelkundige sakereisigers en vakansiegangers. Die gastehuis is in 'n stil tuin 'n paar minute vanaf Rondebosch se sentrale sakekern geleë.

Die gastehuis het 'n indrukwekkende ingangsportaal, elegansie en bekoring. Akkommodasie word in 7 smaakvol versierde gastekamers met en suite-badkamers en Charlotte Rhys-produkte gebied. Elke kamer het 'n TV met sekere DStv-kanale, gratis WiFi, 'n telefoon, yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste kan 'n komplimentêre ontbyt met sap, tee, koffie, 'n buffet van vars vrugte, jogurt, graankosse, ontbytgraan en brood, gevolg deur 'n volledige Engelse ontbyt van vars plaaslike produkte geniet.

Ontspan met die geluide van die voëls in die rustige tuin en geniet ontbyt of tee en koek op die stoep op 'n warm somersdag. Die gastehuis bied tuisgemaakte koekies, sjokolades, 'n kluisie in die kamer, internasionale kragproppe, 'n wasgoeddiens op versoek, 'n diens wat die kamers in die aand netjies maak, elektriese komberse, muurverwarmers en ekstra komberse in die winter.

Die ligging bied toegang tot die hoofweë na die middestad en die lughawe. Daar is besienswaardighede soos Kirstenbosch, Nuweland Krieket- en Rugbystadions en The Baxter Theatre in die omgewing. Die Universiteit van Kaapstad se middelste kampus is stapafstand van die eiendom af en Groote Schuur Hospitaal is 2 km weg. Die KIKS en V&A Waterfront is 15 minute se ry vanaf die gastehuis.

Kenmerke

  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Knightsbury Luxury Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 660 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za