Kokerboom Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kokerboom Lodge is aan die oewer van die Oranjerivier, en gerieflik naby aan Keimoes en Upington, geleë. Die lodge word omring deur wingerde en bied aan besoekers en toeriste die ideale akkommodasie sowel as 'n venue vir funksies.

Ons akkommodasie bestaan uit 3 ten volle toegeruste eenhede met moderne dekor en 'n huislike atmosfeer. Die eenhede het elk hul eie privaat-badkamer. Elke eenheid het sy eie privaat-ingang en 'n oopplan-sitkamerarea. Ontbyt word by jou verblyf ingesluit.

Die lodge het 'n gemeenskaplike leefarea met 'n TV en DStv sowel as 'n ten volle toegeruste kombuis. Daar is 'n groot grasdak-lapa met 'n swembad, pooltafel en binne- en buitebraaigeriewe. Verder is daar veilige parkering op die perseel.

Daar is oorgenoeg doendinge in die omgewing om jou mee besig te hou, insluitend kanovaart, voetslaan, bergfietsry, hengel en voëlkyk.

Kenmerke

  •  Veilige Parkering

Geriewe

  •  Wasgoeddiens
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kokerboom Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false