Komati Gorge Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Welkom by een van die beste en mees aanloklike lodges in Mpumalanga! Komati Gorge Lodge is minder as 3 ure van Johannesburg af, tussen Carolina en Machadodorp, geleë. Majestueuse klowe, 'n kronkelende rivier, geweldige kranse en pragtige heuwels is 'n voorsmakie van wat jou inwag by Komati Gorge Lodge.

Hierdie ongerepte uitspansel van meer as 2500 hektaar, met sy doringbosveld en hoëveld-grasland, bied 'n ongeëwenaarde ervaring vir buitelug-liefhebbers. Ons bied 'n verskeidenheid geriewe aan om aan al ons gaste se versoeke te voldoen, of jy nou belangstel in visvang, voëlkyk, dierelewe, bootritte, stap of bloot ontspan in 'n pragtige, rustige ligging. Daar is iets vir almal by Komati Gorge Lodge.

Ons verblyf-opsies bied die gerief van onafhanklike blyplek, sonder om luuksheid prys te gee. Verblyf word aangebied in 'n verskeidenheid opsies, van gastehuis-kamers tot alleenstaande-selfsorgeenhede. Ons is troeteldiervriendelik, sodat jou viervoetige vriende ook saam met jou vakansie kan hou.

Buiten ons uitstaande verblyf, is ons ook baie trots op ons restaurant. Dit is een van die beste restaurante in die omgewing. Ons het 'n verskeidenheid fynproewersdisse en -nageregte wat met uitstekende diens bedien word. Ons restaurant het ook 'n uiters aanloklike atmosfeer. Daar is 'n volledig gelisensieerde kroeg sodat gaste uit 'n wye verskeidenheid verfrissende drankies kan kies. Ons bied 'n goeie verskeidenheid van Suid-Afrika se beste en gewildste kos en wyn. Die lodge beskik ook oor ander geriewe soos: 'n plonspoel, tafeltennistafel, 'n pooltafel, 'n veerpyltjiebord, 'n lapa en 'n veranda wat oor die rivier uitkyk. Daar is verskeie stap- en voetslaanroetes en daar is visstokke wat gaste kan huur.

Let asb. op dat die verblyf via 'n grondpad bereik word. Doen asb. navraag oor die grondpad se toestand wanneer jy bespreek.

In enige gegewe rigting kyk mens vas in die asemrowende natuurskoon. Verborge klowe, digte woude, kabbelende water en inheemse bome en plante versier die landskap. Diere van alle groottes en kleure, van die kleinste, bontste skoenlapper tot 'n waardige koedoe, kan hier gewaar word. Al die skatte van die natuur in een plek. Kom ervaar die gelukkigheid en rus wat ons 4-ster-lodge bied.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Alle Etes Ingesluit
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Komati Gorge Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 100 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za