Koo Karoo Guest Lodge & Self Catering

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Koo Karoo Gaste-lodge in Montagu is sentraal geleë in die pragtige dorpie op die beroemde Roete 62.

Dié Victoriaanse huis met groot, gemaklike kamers is 'n eeu oud. Daar is ook 'n koetshuis wat in 'n selfsorgkothuis omskep is en nog 'n aparte selfsorgwoonstel. Selfsorgverblyf is in die kothuis en woonstel en B&B- of die kamer alleen-opsies in die hoofhuis beskikbaar.

Die selfsorgkothuis is omskep uit 'n koetshuis en spog met baie van sy oorspronklike kenmerke, soos staldeure en oorspronklike klipmure. Die kothuis het sy eie privaat ingang wat oor die klein swembad en tuin uitkyk. Die selfsorgkothuis het 2 slaapkamers met 'n koninggrootte-bed in 1 slaapkamer en 2 enkelbeddens in die ander kamer wat deur enkelgaste, paartjies of maksimum 4 mense benut kan word. Dit het 'n gedeelde badkamer (met 'n deur na elke kamer wat kan sluit) met 'n bad en apart storthokkie. Die goed toegeruste kombuis het 'n oond, stoof, yskas, vrieskas, mikrogolf, broodrooster, ketel ens. en die sitarea het DStv (40 kanale). Beddegoed en handdoeke word voorsien.

Die selfsorgwoonstel is ideaal vir enkelgaste, paartjies of klein groepe van 3. Dié woonstel het 1 en suite-badkamer met 'n ekstra lang koningingrootte-bed en 'n enkelbed en is en suite met 'n bad en aparte storthokkie. Die goed toegeruste kombuis het 'n oond, stoof, yskas, vrieskas, mikrogolf, broodrooster, ketel ens. en die sitarea het DStv (40 kanale). Beddegoed en handdoeke word voorsien.

Die en suite-kamers sluit in: sakpas-dubbelkamer of 2-enkelbedkamer, kamer met koninggrootte-bed en kamer met koningingrootte-bed met yskas, mikrogolf, lugversorging en DStv wat oor die tuin uitkyk. Al die kamers het privaat ingange en tee- en koffiemaakgeriewe.

Gratis WiFi is beskikbaar.
Debietkaarte, Visa en Mastercard is welkom.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Koo Karoo Guest Lodge & Self Catering gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za