Koppiesdam Leisure
10 gaste
5 slaapkamers
9 beds
2 badkamers
- 10 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 10:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Off the R387, Koppiesdam Farm, Strydenburg, 8765, Noord-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Koppiesdam Leisure bied die perfekte wegbreekgeleentheid in die Karoo aan 10 gaste.
Die verblyf word omring deur die veld en is onder die helder lug. Die verblyf bestaan uit ’n hoofhuis en 3 klein huisies wat almal gebruik maak van gemeenskaplike geriewe, daarom is dit ideaal vir 'n groep vriende of familie.
Die hoofhuis beskik oor 3 slaapkamers, die 1 slaapkamer het ’n dubbelbed en die ander 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Die kleiner huisies het elk 2 enkelbeddens. Die 2 badkamers in die hoofhuis het ’n stort in die 1 badkamer en ’n bad in die ander een en word gedeel. Daar is ’n donkie wat warm water verskaf. Linne en handdoeke word verskaf.
Die kombuis is in die hoofhuis en is met ’n yskassie, gasstoof, eetgerei en breekware toegerus. Daar is nie elektrisiteit nie, maar die ligte en yskas se krag word deur sonkrag verskaf.
Daar is buitebraaigeriewe wat gaste kan gebruik en hout word verskaf. Let asb. dat daar slegs selfoonsein vir MTN-fone is.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Off the R387, Koppiesdam Farm, Strydenburg, 8765, Noord-Kaap
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Off the R387, Koppiesdam Farm, Strydenburg, 8765, Noord-Kaap
Sien kaart- 10 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 10:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang