LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Kranskloof Country Lodge | LekkeSlaap
+64

Kranskloof Country Lodge

Spesiale Aanbod 33% af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Sep 2020 tot 31 Okt 2020.

  • Kapasiteit: 17 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kranskloof Country Lodge, Schoemanshoek, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R900 R600 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Kranskloof skuil in die hartjie van die Klein-Karoo en bied selfsorgverblyf in 'n ware paradys vir natuurliefhebbers en voëlkykers. Ons lodge is 15 km vanaf Oudtshoorn langs die R328 op pad na die Kango-grotte.

Ons losstaande kothuise het elk 'n kombuisie met 'n yskas, mikrogolfoond, oond met stoofplate, eetgerei en 'n klein eetarea. Beddegoed en handdoeke word voorsien. Gaste moet net hul eie swemhanddoeke bring. Elke kothuis het braaigeriewe.

Vanaf jou stoepie kan jy jouself verlustig in die pragtige uitsigte oor die groen Schoemanshoek-vallei en die indrukwekkende Outeniekwaberge. Gaste kan heerlik afkoel in die soutwaterswembad wat sentraal geleë is in die groot tuin. Jy kan ook gaan stap in die berge en die verskeidenheid voëls besigtig.

Die volgende besienswaardighede is naby Kranskloof Country Lodge: Kango Volstruisplaas, die Kango Wildlife Range, Kango-grotte, Rust en Vrede-waterval, die Swartbergpas, Meiringspoort en nog vele meer.

Aanbevole restaurante sluit De Oude Meul, Wilgewandel en Signature Divine in.

Kom geniet 'n welverdiende ruskansie!

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 115 resensies vir Kranskloof Country Lodge
Netheid
4.3/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Kranskloof Country Lodge, Schoemanshoek, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kranskloof Country Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R900
Vanaf R600
per nag (plek vir 2)
was R900
Vanaf R600
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kranskloof Country Lodge, Schoemanshoek, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDY5NGY0ZmUzLTIwN2YtNGQwNi05MjkyLTI4NmY4Njk5MjNkYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R900, nou Vanaf R600  per nag (plek vir 2) 115 5 1 5 Kranskloof Country Lodge Schoemanshoek 6620 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-18:00 10:00 -33.468640473824 22.24566757679
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!