Kronenhoff

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kronenhof bied die ideale rusplek wanneer jy die Addo Olifantpark besoek. Dié gastehuis bied luukse, gerieflike verblyf en 'n puik restaurant waar goeie kos en wyn voorgesit word.

Al ons luukse, ruim kamers het privaat ingange vanaf die patio, asook lugversorging, 'n TV, 'n yskassie met verversings, en koffie- en teemaakgeriewe. Die pragtige badkamers het baddens en storte. Veilige parkeerplek is naby die kamers beskikbaar.

Geniet die Suid-Afrikaanse sonskynweer langs ons heerlike swembad, besoek die gimnasium of ontspan net op die patio of in die dameskroeg met 'n skemerkelkie. Ons restaurant bied 'n a la carte-spyskaart met 'n groot verskeidenheid disse. Ongelukkig is die restaurant op Sondae gesluit, maar etes kan steeds voorsien word aan gaste wat Sondae-aande hier vertoef.

Die Kaap-Hollandse huis en lowerryke tuin is in die skilderagtige Sondagsriviervallei geleë en is ook naby talle ander privaat wildplase. Die Addo Olifantpark bied uitstekende wildkykgeleenthede waar gaste met hul eie voertuig kan ry of 'n begeleide toer kan onderneem.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gimnasium
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Videospeler
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Middagete
  •  Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kronenhoff gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 350 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za