LekkeSlaap
Maak jou ervaring
lekke met ons app
KRY APP
+50
Selfsorg in Breederiviervallei

Kudukloof



16 gaste

7 slaapkamers

8 beddens

6 badkamers

  • 16 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • R46, 37 Hugos Nek Farm, Touws River, 6875, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

Kudukloof bied selfsorgverblyf met sonkrag en gasgeriewe. Dit is ver van die gedruis op 'n privaat plaas van 550 hektaar in die Touwsriviervallei. Die plaashuis bied die ideale toevlugsoord wat saans belig word deur die Melkweg en 'n pragtige uitsig oor die vallei bied.

Die dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 12 volwassenes en 4 kinders en beskik oor 7 slaapkamers en 6 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer bied slaapplek aan 4 kinders en beskik oor 2 stapelbeddens. Dit het ook 'n en suite-badkmaer met 'n stort, wasbak en toilet. Die derde en vierde slaapkamer het elk 'n dubbelbed en gaste deel 'n badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die vyfde, sesde en sewende slaapkamer het elk 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met' n bad, wasbak en toilet. Skoon linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Dit lei na 'n ruim eetkamer en sitarea. Daar is ook 'n binnebraai-area met sitplek. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die stoep het 'n pragtige uitsig en is die perfekte plek vir gaste wat net rustig wil verkeer. Daar is 'n lieflike plonspoel, 'n houtvuurwarmbad en 'n vuurput-boma met braaigeriewe.


Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Slegs 4x4-toegang
Groot Vyf
Fietsry
Wildritte
Perdry
Bergfietsry

Kamers

Kudukloof Lodge
Vanaf
Vanaf R10 900
per nag, vir 2 mense
  • Plek vir 16 persone
  • 12 volwassenes, 4 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Alleenstaande Eenheid
  • Koninggrootte-bed
  • Lees meer
1 Beskikbaar
Bespreek
Oorsig van kamer/eenheid
7 Slaapkamers 6 Badkamers

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Bad, Stort-oor-bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

4

2 x Kinderstapelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Bad, Stort, Toilet

Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
Volledige kombuis
Braai
Warmbad
Jaccuzi
Buitelug
Braai
Warmbad
Jaccuzi
Kombuis & eetkamer
Braai
Volledige kombuis
Kansellasiebeleid - Pasgemaak
Meer as 2 maande voor die inkloktyd 100%van die deposito word terugbetaal
Meer as 2 weke voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Minder as 2 weke voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
5.0

4.8/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
5.0
Elri S
Kort verblyf ⋅ Saam met vriende
5.0
Okt 2025

Heerlike wegbreek by Kudukloof! Kudukloof is 'n bederf! 'n Lieflike groot huis wat 'n groot groep kan akkommodeer. Pragtige uitsigte, lekker kuierareas! Ons sal weer terugkom! Dankie, dit was so spesiaal!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Chantelle H
1 nag ⋅ Besigheidsreis
5.0
Okt 2024

Wegbreek na 'n oase. Die getWorth-bestuurspan het Kudukloof gekies vir 'n spesiale naweek wegbreeksessie en was ons nie verras nie! Die pragtige klipwoning beskik oor moderne kamers, lieflike ontspanningsfasiliteite en die mooiste uitsigte. 'n Oase in die middel van die Karoo. Baie dankie! Ieder en elk sal graag weer daar wil besoek aflê! Net die pad was 'n bietjie uitdagend en sal dalk baat by 'n opgradering.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Kelly-Lee S
Kort verblyf
4.4
Jun 2024

Vars koue Karoo lig wat goed is vir die siel. Ons was 5 gesinne wat heerlik gebly het by Kudukloof. Die kamerjasse, ekstra warmwater sakke en addisionele beddegoed in elke kamer was heerlik en warm vir die koue Karoo - Dankie! Die roete na die huis kort aandag (of indien dit deel is van die ‘ervaring’ moet dit duideliker gekommunikeer word dat sonder ‘n 4x4 jy nie daar gaan kan uitkom nie). Die kombuisgereedskap kan bietjie meer aandag aan gegee word – rasper, botteloopmakers, gewone drinkglase, genoeg swartsakke, servette, genoeg steakmesse ens. Groter yskas om 16 mense te kan akkomodeer. Krag: Kommunikeer dat daar nie krag in die nag is sonder 'n generator nie. Die stelsel moet aangepas word dat die generator outomaties inskop (en/of batterye moet deur die dag gelaai word sodat dit nie nodig is vir die generator nie). Die generator by die kombuis is nie ideaal nie.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0


Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Lionel Geverifieer

Eiendomme 5

Resensies 3

Op LekkeSlaap 15 jaar

Antwoord gewoonlik binne 30 minute

Ligging

Gaste dink Kudukloof het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien

© LocationIQ Maps, OpenStreetMap Contributors


Wat jy moet weet

Inklok Tussen 14:00 en 19:00
Uitklok Voor 10:00
Meer as 2 maande voor die inkloktyd 100%van die deposito word terugbetaal
Meer as 2 weke voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Minder as 2 weke voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal

Vanaf
R10 900
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R10 900
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R10 900
per nag, vir 2 mense
Bespreek

R46, 37 Hugos Nek Farm, Touws River, 6875, Wes-Kaap

Sien kaart
  • 16 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9188287b84874307ae1dc0ab9bed92e5b183691213253387cfb83e41e8fbd37f4233fc9c9a1081c9e61be668c00cb4de60bd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R10 900 per nag, vir 2 mense 3 5 1 5 R46 37 Hugos Nek Farm 6875 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.383597121426 19.890157034286
Soek in 'n groter streek