Kusane Farm Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kusane Farm Cottages bied gerieflike selfsorgverblyf hoog bo die Karkloofvallei, halfpad tussen Howick en Curry's Post op die Middellandse Kronkeling.

Ons het 6 verskillende kothuise wat elkeen slaapplek vir 2 tot 4 mense het. Van die kothuise het 1 slaapkamer en die ander het 2 slaapkamers. Elke kothuis het 'n stoep-area met braaigeriewe.

Farm Cottage en The Bunker bied luisterryke uitsigte oor die Karkloof. Die Loft se uitsigte is ook eindeloos. Weaver Cottage skuil tussen die bome voor 'n heuwel en bied baie privaatheid en voëllewe. Gallery Cottage is langs ons kunsgalerytjie en bied 'n uitsig oor die vertoon-area. The Studio is oorkant die galery aan die ander kant van The Barn met sy eie dammetjie.

Natuurliefhebbers kan gerus op die plaas gaan stap en voëlkykers sal merkies langs 'n hele paar inskrywings in hul voëlkykgidse kan maak.

Kusane Farm Cottages bied gerieflike toegang tot die N3-hoofweg en gaste kan gerus die Middellandse Kronkeling met al sy restaurante en winkelsentrums verken. Kusane Farm Cottages is net 40 minute van Pietermaritzburg, en 1 en 'n halfuur van Durban af. Dit is ook net meer as 4 ure van Johannesburg af, en lughawependeldienste kan op versoek gereël word.

Let wel, daar is 6 km lange grondpad wat na die blyplek lei.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kusane Farm Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za