La Barune Game Lodge
Beskrywing
La Barune Game Lodge is in die Kamonande Natuurreservaat in die Waterberge geleë, net 55 km noord vanaf Modimolle en 7 km vanaf Vaalwater. Die Waterberge word beskryf as Suid-Afrika se bes bewaarde geheim. Die safari-styl lodge bied luukse verblyf vir gesinne, en paatjies wat opsoek is na 'n romantiese wegbreek.
La Barune Game Lodge bied 4 slaapkamers met en suite-badkamers, 'n TV-kamer met 'n mengeldrankie-kroeg, pragtige eetkamer, leefarea, patio met binne braai-area, onderdakparkering vir 4 voertuie en 'n swembad.
Daar is ook 'n aparte chalet met 2 slaapkamers, 'n badkamer met stort en 'n hoekbad, 'n kombuis en 'n patio met 'n uitsig oor die natuur, diere en dam.
Ontspan by die swembad en geniet die uitsig oor die dam met sy ryk voëllewe. Dis die ideale manier om jou dag af te sluit.
Die omgewing se skoonheid is raar en ongekunsteld met baie wild. Die majestueuse berge en bos dra by tot die skoonheid, asook die kristalhelder bergstroompies. Die reservaat bied 60 km-paaie vir wildbesigtiging en fietsry.
Kenmerke
- Afrikaans
- Swembad
- Braaiplek
- Veilige Parkering
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wildritte
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Alle Etes Ingesluit
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na La Barune Game Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |