La Barune Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

La Barune Guest House is 'n uitsonderlike 4-ster-gastehuis met unieke dekor en meubels, en bied al die luukshede wat gaste benodig gedurende hul verblyf.

Dié gastehuis beskik oor 8 luukse dubbelkamers en verskeie verblyfopsies met koninggrootte-, koningingrootte- en enkelbeddens. Al die Duluxe-kamers het en suite-badkamers, lugversorging en platskerm-TV's met DStv-kanale. Gaste het toegang tot gratis vinnige WiFi wat bydra tot die ideale verblyf vir sakereisigers.

Die twee standaard kamers het 'n en suite-storthokkie wasbak en 'n aparte toilet.

Gaste kan 'n heerlike ontbyt die stoep langs die swembad met die geluide van die koivisdammetjie en fonteintjies in die lieflike tuin geniet.

La Barune Guest House is in Aqua Park, 'n stil woonbuurt in Tzaneen. Dit is reg buite Tzaneen se sentrale sakegebied en is gerieflik geleë vir inkopies en sakeverpligtinge. Die gastehuis is slegs 1 km vanaf die Tzaneen-dam, Jetty 3, die Tzaneen Lifestyle Mall, Oasis winkelsentrum en die MediClinic Privaat Hospitaal. Verder is Polokwane Lughawe net 100 km ver, Johannesburg 420 km ver en Pretoria 350 km ver.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na La Barune Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 590 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za