- 6 gaste
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 11:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Soos Gesien op Facebook
- 36 Boundary Road, Gordon's Bay, 7410, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
La Buena Vista is 'n indrukwekkende gastehuis in die bergreeks van Gordonsbaai en spog met panoramiese uitsigte oor die omliggende area, Valsbaai en op die berge.
Verblyf bestaan uit 2 ruim gastekamers en 'n eenslaapkamer-selfsorgwoonstel. Kamer 1 het 'n koningingrootte-bed en Kamer 2 het 'n dubbelbed. Elkeen van die 3 badkamers het 'n groot instapstort, wasbak en 'n toilet. Alle linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring. Verder is daar ook gratis WiFi, 'n TV met Netflix, mikrogolfoond, koffiemaakgeriewe en 'n yskassie.
Die woonstel bied slaapplek aan 2 volwassenes en beskik oor 'n aparte slaapkamer met 'n koninggrootte-bed en oorgenoeg kasspasie vir gaste se bagasie. Die ruim eenheid het 'n leefarea met 'n kombuis, sitarea en eetarea. Die kombuis is met 'n gasstoof, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n toonbank met stoeltjies toegerus.
Gaste kan in die swembad afkoel of 'n braai op die perseel geniet. Dié huis is op die drumpel van 'n lieflike voetslaanroete en is slegs 800 m vanaf Bikini Beach. Somersetstrand en bekende wynplase is 'n kort entjie se ry van die huis af en gewilde restaurante is binne stapafstand.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Piet Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- 36 Boundary Road, Gordon's Bay, 7410, Wes-Kaap
- Gaste dink La Buena Vista het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
36 Boundary Road, Gordon's Bay, 7410, Wes-Kaap
Sien kaart- 6 gaste
- Geen kinders
-
Soos Gesien op Facebook
-
Inkloktyd: 11:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang