La Dolce Vita 1

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

La Dolce Vita 'n smaakvol versierde selfsorgkothuis in die La Dolce Vita-kompleks in die lieflike kusdorpie St. Lucia aan KwaZulu-Natal se Noordkus. Die subtropiese klimaat sorg vir aangename weer wat dit 'n ideale bestemming vir selfry-toeriste, gesinne en vriendegroepe regdeur die jaar maak. Die kothuis is loopafstand vanaf die strand, meer, winkels en restaurante.

Dié kothuis bied slaapplek vir 2 tot 8 gaste. Die ruim hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, kluisie, en 'n en suite-badkamer met bad, stort, wasbak en toilet. Dié kamer het 'n sonnige komvenster met 'n uitsig oor die privaat tuin. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens en daar is slaapplek vir 4 gaste in die derde slaapkamer met sy dubbelbed en stapelbed. Hierdie twee kamers deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak, en toilet. Daar is 2 moderne lugversorgers en al die kamers het plafonwaaiers.

Die oopplan-sitkamer en -eetarea het 'n eetkamerstel vir 6. Die ruim sitkamer het 2 rusbanke en 2 stoele, 'n TV met volledige DStv, DVD-speler, en 'n radio en CD-speler. Die kothuis is versier en gemeubileer met die oog op vakansieverblyf. Die oopplan-kombuis is ten volle toegerus en het 'n stoof onder die toonbank, 'n oond, en stoofplate met 'n uitsuigwaaier. Verder is daar 'n yskas-vrieskas, 210 l-diepvrieskas, mikrogolfoond, broodrooster, ketel, eetgerei en breekware vir 8 mense, asook 'n instapspens. Die kombuis het 'n buitedeur wat na die braaiplek lei. Daar is ook plek om koelbokse te bêre. Voorstoep met 'n uitsig oor die tuin. Die tuinmeubels sluit 'n tafel en 8 stoele in.

Die privaat lapa-area het 'n ingeboude braai en sitpelk vir 8 mense. Daar is 'n tuinstort buite vir afspoel na ’n lang dag op die strand. Die dubbelmotorhuis is groot genoeg vir Land Rovers met dakrakke, en daar is 'n yskas vir aas in die motorhuis. Daar is ook 'n rak vir visstokke.

Die La Dolce Vita-kompleks bied veilige, afstandbeheerde toegangsbeheer en die alamstelsel is gekoppel aan gewapende reaksie. Die kompleks het ook 'n gemeenskaplike swembad. Die eenheid word daagliks skoongemaak - Sondae en openbare vakansiedae uitgesluit.

Slaapplek

'n Bespreking by La Dolce Vita 1 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 4 persone
1 x Dubbelbed
1 x Stapelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na La Dolce Vita 1 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false