La Maison Hermes
12 gaste
6 slaapkamers
7 beds
7 badkamers
- 12 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Soos Gesien op Instagram
- 34 Theresa Avenue, Bakoven, Cape Town, 8005, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
La Maison Hermès is 'n luukse villa met 'n uitstekende uitsig oor Kampsbaai, op Leeukop, Tafelberg en die Twaalf Apostels. Die weelderige selfsorgvilla spog met 'n kenmerkende slanke ontwerp.
Die unieke huis bied slaapplek aan 12 gaste en beskik oor 6 slaapkamers en 6 en suite-badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede en derde slaapkamer het elk 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad of 'n stort. Die vierde en vyfde slaapkamer het elk 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die laaste slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die gastebadkamer het 'n toilet en 'n wasbak. Elke slaapkamer spog ook met 'n TV en 'n see- of berguitsig. Gehalte-linne, swem- en badhanddoeke word voorsien.
Die ruim oopplan-leefarea beskik oor 'n sitarea, 'n eetarea en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die kombuis het 'n toonbank met 'n opdienvenster wat na die stoep lei. Die eetarea het 'n etenstafel vir 8 gaste en die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel, 'n koffietafel en 'n TV met Netflix. Daar is ook 'n bioskoopkamer.
Gebruik gerus die gratis WiFi, spring in die verhitte soutwaterswembad, ontspan in die rustige natuurskoon van die welige tuin, gebruik die ingeboude gasbraai op die stoep, kuier by die tafel vir 10 op die stoep, en bewonder die asemrowende see- en berguitsig.
La Maison Hermes is met 'n Tesla-muur as rugsteunkragstelsel toegerus wat die ligte, TV's, WiFi, motorhuisdeur, blindings en kragproppe aan die gang hou. Daar is ook 2 voltydse personeellede wat na die daaglikse huishoudelike take kan omsien.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 34 Theresa Avenue, Bakoven, Cape Town, 8005, Wes-Kaap
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
34 Theresa Avenue, Bakoven, Cape Town, 8005, Wes-Kaap
Sien kaart- 12 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Soos Gesien op Instagram
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang