Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Laid Back Family Beach House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Shelly Beach-weg 10, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Laid Back Family Beach House is 'n selfsorgvakansiehuis in 'n stil straat in Port Alfred. Dié huis, wat 'n uitsig oor die oseaan het, is net 1 km vanaf Shelley Beach en 'n 4 minute se stap vanaf Kelly's Beach waar gaste kan branderplankry, rotspoele verken, wandel, visvang of skulpies versamel. Die huis is ideaal vir 'n groep vriende of 'n gesin en is gerieflik ingerig en toegerus om 'n lekker vakansie in goeie gees te hou.

Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea, asook 'n tweede sitarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die en suite-badkamer het 'n stort-oor-bad, 'n toilet en 'n wasbak. Die tweede en derde slaapkamers het ook elkeen 'n dubbelbed. Die tweede badkamer het 'n instapstort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n gas-stoof en -oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, skottelgoedwasser en 'n wasgoedarea. Die eetarea het 'n sessitplek-etenstafel met ekstra stoele wat tot 8 gaste kan akkommodeer. Die eerste sitarea het gemaklike sitplek, 'n TV en 'n kaggel. Daar is 'n tweede sitarea langs die eetarea wat sitplek en 2 addisionele enkelbeddens het.

Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met stoepmeubels, 'n ingeboude braai en 'n gedeeltelike uitsig oor die see. Daar is 'n groot tuin waar kinders kan speel en hul kan in die straat fietsry, skaatsplankry of self balspeel aangesien dit 'n baie stil straat.

Daar is 'n motorafdak op die perseel en die huis het 'n alarm wat met 24 uur-gewapende reaksie gekoppel is.

Gratis WiFi is beskikbaar en ononderbroke kragtoevoer word daaraan verskaf tydens beurtkrag. Strandhanddoeke word nie voorsien nie. Gaste moet asb. hul eie DStv-dekodeerder, -slimkaart, -kabels, kragproppe en afstandbeheerder saambring, of die WiFi gebruik en Netflix kyk. Daar word nie strandhanddoeke verskaf nie.

Let asb. op: Daar is 'n waterterkort in Port Alfred is, maar die huis het watertenke om water na die huis te pomp om water te voorsien.

Slaapplek

’n Bespreking by Laid Back Family Beach House sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 8 resensies vir Laid Back Family Beach House
Netheid
4.5/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Shelly Beach-weg 10, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap
  • Gaste dink Laid Back Family Beach House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Shelly Beach-weg 10, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc24f919eff4f00d05432e85b5ac41e7c0e626e939a8a6ed68aa996e36646d292193f3b261535b31e7bd94c793ee96640194c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag (plek vir 8) 8 5 1 5 10 Shelly Beach Road Port Alfred 6170 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -33.612775429018 26.887567181582