Lalapanzi Guest Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lalapanzi Gastehuis is 'n nuutgeboude gastehuis wat luukse selfsorgverblyf met 'n B&B-opsie in die gesogte kuswoonbuurt, Humewood in Port Elizabeth, bied.

Verblyf word in 8 stylvol ontwerpte en gemeubileerde en suite-eenhede aangebied. Al die eenhede is ten volle toegerus is vir diegene wat selfsorgverblyf verkies. B&B-gaste is ook welkom aangesien daar 'n lekker ontbytkamer is. Dié kombinasie maak Lalapanzi ideaal vir toeriste en vakansiegangers, maar ook vir sakereisigers wat soms privaatheid nodig het.

Elke eenheid het sy eie privaat ingang wat na 'n veilige parkeerarea lei.

Die lodge is baie goed geleë ten opsigte van besienswaardighede, sport- en ontspanningsgeriewe en opvoedkundige sentrums. Dit is 50 m vanaf Port Elizabeth se welbekende King's Beach geleë, na aan al die hoof-strandfronttrekpleisters, restaurante en die Boardwalk Casino en -vermaakkompleks.

Die lughawe is slegs 3,5 km ver en die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit is 5 km ver.

Lalapanzi is ook gerieflik geleë vir atlete en toeskouers wat aan sportgeleenthede soos die Iron Man langs die strandfront, by die universiteit, asook die beroemde Humewood-gholfbane deelneem.

Die naam Lalapanzi is afgelei van die Xhosa-taal waar "lala" slaap, lê of rus beteken, en "panzi" beteken "af, na onder."

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  24-uur Kamerbediening
  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lalapanzi Guest Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 250 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za