Le Grand Jardin
15 gaste
6 slaapkamers
9 beds
7 badkamers
- 15 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Devon Valley Road, Devon Valley, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Le Grand Jardin is 'n Victoriaanse-styl villa wat selfsorgverblyf in Stellenbosch se Wynlande bied. Die verblyf spog met skouspelagtige uitsigte oor die wingerde en lowerryke omgewing en is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n afgeleë vakansie.
Die smaakvol ontwerpde herehuis en swembadhuis bied slaapplek aan 15 gaste en beskik oor 6 slaapkamers en 6 en suite-badkamers. Hierdie pragtige slaapkamers het 'n koninggrootte-bed, dubbelbed of enkelbeddens. Die huis het beide bad- en stortgeriewe. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea het 'n sitarea, eetarea en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, konveksiemikrogolf, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Die herehuis bied 'n meer statige opsie met vermaakareas wat die formele eetarea, blou gin-kroeg, proekamer, sitkamer en mediakamer insluit. Die pretfaktor is groot met 'n Tintin-geïnspireerde pinball-masjien in die kombuisarea.
Gaste het ook toegang tot gratis WiFi, die lowerryke tuin, Jacuzzi en 'n swembad. Daar is ook lewensgrootte Alice in Wonderland-karakters naby die eko-swembad weggesteek, 'n outentieke mallemeule en 'n vertoner se karavaan.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Devon Valley Road, Devon Valley, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Devon Valley Road, Devon Valley, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
Sien kaart- 15 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang