Lehiel Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lehiel Guesthouse bied akkommodasie in selfsorg-eenhede wat ook vir B&B bespreek kan word. Die eenhede is in 'n stil deel van Lichtenburg in Noordwes geleë. Dit is perfek vir gaste wat op soek is na gerieflike oornag-akkommodasie naby aan 'n verskeidenheid geriewe.

Die akkommodasie by Lehiel Guesthouse bestaan uit 10 eenhede wat ten volle gemeubileer is. Elkeen van die eenhede beskik oor 1 of 2 slaapkamers wat met dubbelbeddens ingerig is en beskik oor en suite-badkamers met 'n stort, wasbak en toilet. Hierdie eenhede sluit ook 'n kombuisie met 'n yskassie, mikrogolfoond en koffie- en teemaakgeriewe in. Daar is ook 'n TV met sekere DStv-kanale en gratis WiFi.

'n Smullekker ontbyt kan bestel word by die bestuur en in die eetarea genuttig word. Ander heerlike maaltyd kan ook gereël word sowel as 'n wasgoed- en skoonmaakdiens. Daar is veilige onderdakparkeerplek vir voertuie beskikbaar. Ons is verder net 'n kort entjie se ry van winkels en restaurante, 4x4-roetes en ander aktiwiteite en geriewe af geleë.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lehiel Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R910 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za