Lenmore Chalets, Restaurant, Deli and Bakery

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lenmore Chalets, Restaurant, Deli en Bakkery is langs die hoofweg net 9 km van die ingang na die hoofhek van die Addo Olifant Nasionale Park in die Oos-Kaap af geleë. Dit is in die hartjie van die Sondagsriviervallei, die poort na die Tuinroete, en is die ideale verblyf-opsie vanwaar jy die groter Addo-streek kan verken.

Die Lenmore-span is trots daarop om topgehalte, skoon, bekostigbare akkommodasie te kan bied. Die chalets is onder die bome langs die meer versteek en spog met die mooiste uitsig oor die nabygeleë plase. Die kamers is lekker ruim en is toegerus met koffie- en teemaakgeriewe, yskaste en lugversorging wat ekstra lafenis in die wonderlike warm weer van die Addo bied. Al die eenhede word volledig skoongemaak op versoek. 'n B&B-opsie is beskikbaar, dan word 'n ontbyt van jou keuse by Lenmore Restaurant bedien. Dit is net 'n kort entjie se stap deur die pragtige tuin van die chalets af.

Die Lenmore Restaurant het 'n uitgebreide spyskaart met verskeie spesialiteite wat in elkeen se smaak sal val. Daar is ook 'n ligte middagete-spyskaart by die restaurant met vegetariese disse, seekos en tramezzini's. Smul aan 'n à la carte-ete met 'n fantastiese glas Suid-Afrikaanse wyn in die hand, wanneer die son agter die Rietberge, Kirkwood-weg begin sak.

Die winkeltjie voorsien heerlike, vars, plaaslike produkte en jy kan ook die bakkery besoek. Daar is 'n groot verskeidenheid happies, biltong, droëwors en heerlike draairoomys, vir die warm somersdae, in die winkel beskikbaar. Hulle verkoop ook klaargemaakte souse, vars vleis, rys en pasta.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lenmore Chalets, Restaurant, Deli And Bakery gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 140 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za