Lepha Guest House
- Kapasiteit: 41 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Huilbos-straat 4, Onverwacht, Lephalale, 0555, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R980 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Lepha Gastehuis is in die hartjie van die bosveld in 'n stil woonbuurt in Onverwacht, Lephalale geleë. Die gastehuis bied akkommodasie in 16 ruim en gerieflike kamers en daar is 'n groot tuin met 'n sprankelende swembad. Dit is die ideale akkommodasie vir sakereisigers én toeriste.
Gaste kan kies tussen dubbelkamers, gesinskamers of 2-enkelbedkamers. Elke kamer het 'n TV, 'n kluis, lugversorging, koffie- en teemaakgeriewe en 'n yskassie. Gaste is meer as welkom om by die gelisensieerde kroeg met DStv te kuier, of by die lapa se braaiplek, of by die swembad. Gaste kan ook uitsigte oor die gholfbaan van die veranda af geniet. Daar is spesiale aanbiedings vir naweek-verblyf, versoek gerus 'n kwotasie.
Lepha Gastehuis bedien ook maaltye op versoek. Ons voorsien veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheer-hek. Ons is ook naby aan Ellisras en net 70 km van die Botswana-grens af.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Troeteldiere indien gereël
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.1/5
Rina Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 9
Jare op LekkeSlaap 8
Ligging
- Huilbos-straat 4, Onverwacht, Lephalale, 0555, Limpopo
Sien meer verblyf in Lephalale (Ellisras) Waterberg Limpopo
- Kapasiteit: 41 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Huilbos-straat 4, Onverwacht, Lephalale, 0555, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom