Tranquil Forest Haven
8 gaste
4 slaapkamers
5 beds
4 badkamers
- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 12 Puzzle Bush Lane, Simbithi Eco Estate, Ballito, 4439, KwaZulu-Natal Sien kaart
Beskrywing
Tranquil Forest Haven is op die gesogte Simbithi Eco Estate in Ballito geleë en is 'n skilderagtige vakansiehuis in 'n rustige doodloopstraat wat deur inheemse bome omring word. Die eenheid is naby die landgoed se voetgangerhekkie en is dus net 700 m se stap van die strand af.
Die huis bied ruim en gerieflike verblyf wat ideaal is vir 'n gesin of 'n groep vriende wat op soek is na 'n onvergeetlike vakansie. Die landgoed het verskeie geriewe op die perseel en bied gerieflike toegang tot die pragtige Dolfynkus-strande.
Die huis beskik oor 4 slaapkamers en 4 badkamers, en bied slaapplek aan 8 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n dubbelwasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die derde slaapkamer is ook en suite en het 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, oond, gasstoof, lugbraaier, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste en dit lei na die sitarea waar daar 'n TV en gemaklike sitplek is. Daar is ook 'n tweede sitarea.
Die onderdakstoep bied sitplek, braaigeriewe en 'n uitsig oor die swembad. Gratis WiFi en veilige parkeerplek word voorsien.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 12 Puzzle Bush Lane, Simbithi Eco Estate, Ballito, 4439, KwaZulu-Natal
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
12 Puzzle Bush Lane, Simbithi Eco Estate, Ballito, 4439, KwaZulu-Natal
Sien kaart- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang