Little Rose
- Kapasiteit: 17 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Walterweg 11, Charlo, Port Elizabeth, 6070, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R650 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Little Rose skuil in die stil woonbuurt Charlo in Port Elizabeth. Ons bied verskeie verblyfopsies. Dit sluit 2 kothuise, 'n tweeslaapkamerhuis en 2 gastekamers in.
Die Little Rose House beskik oor 2 slaapkamers. Die eerste kamer het 2 enkelbeddens wat op versoek as 'n koninggrootte-bed opgemaak kan word en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Die huis het 'n ruim leefarea met sitplek vir 6 gaste, asook 'n etenstafel en 'n ruim kombuis met 'n opwasarea. Die eenheid het sekere DStv-kanale en WiFi. Daar is 'n groot stoep met tuinmeubels en 'n draagbare braai buite.
Elke kothuis het slaapplek vir 4 gaste. Kothuis 1 is oopplan en het 'n konigningrootte-bed en 'n stapelbed en daar is 'n koninggrootte-bed in die tweede kothuis se slaapkamer en 2 enkelbeddens en 'n slaapbank in sy leefarea. Altwee eenhede het en suite-badkamers, kombuisies, en leefareas met 'n TV met sekere DStv-kanale en gratis WiFi. Buite is daar stoepe met tuinmeubels en draagbare braaigeriewe.
Die 2 gastekamers is gesellig en pragtige gemeubileer, en elk beskik oor ’n en suite-badkamer. Linnem handdoeke en toiletware word voorsien. Elke kamer het ’n yskassie, mikrogolfoond, broodrooster, ketel en tee-en koffiemaakgeriewe. Ander geriewe in die kamers sluit ’n 32" platskerm-TV met sekere DStv-kanale en gratis WiFi in. Albei kamers het ’n privaat ingang en stoep met buitemeubels.
Little Rose House is sentraal in die boomryke, stil Charlo-woonbuurt in Port Elizabeth geleë. Dis net 7 km vanaf die lughawe en naby die Walmer Park-winkelsentrum, verskeie trou-venues in Seaview em Kragga Kamma en motorrenbane soos Rover en 'n knorjor-baan. Die asemrowende Sardiniabaai is ook net om die draai.
Little Rose is perfek geleë vir sakereisigers of vakansiegangers.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Wildritte
- Wildkyk
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Walterweg 11, Charlo, Port Elizabeth, 6070, Oos-Kaap
- Gaste dink Little Rose het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Port Elizabeth Oos-Kaap
- Kapasiteit: 17 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Walterweg 11, Charlo, Port Elizabeth, 6070, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom