Montagu Akkommodasie by Little Sanctuary | LekkeSlaap
+88

Little Sanctuary

8 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Uitvluchtstraat 27, Bergsig, Montagu, 6270, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Little Sanctuary is in die hartjie van die Montaguberge, 'n paar kilometer buite die middedorp en langs die gewilde warmwaterbronne, geleë. Dis op 'n privaat landgoed van 2,5 hektaar in 'n rustige omgewing en dis die ideale plek vir 'n romantiese of rustige wegbreek.

Little Sanctuary bied selfsorgverblyf in 4 luukse woonstelle en 'n bekoorlike bergkothuis, Eagle's Nest-kothuis.

Die luukse woonstelle het elkeen 'n volledige kombuis, aparte sitkamer, 'n pragtige slaapkamer en 'n badkamer met 'n spa-bad en 'n stoomstort. Die woonstelle het elkeen 'n TV met sekere DStv-kanale en tee- en koffiemaakgeriewe.

Die Eagle's Nest-kothuis is klein, maar het 'n pragtige uitsig en beskik oor 'n oopplan-slaapkamer met 'n klein sit- en eetarea, 'n kombuisie en 'n klein badkamer met 'n stort. Dis ideaal vir diegene wat lief is vir die natuur, maar steeds op soek is na luukse verblyf. Die kothuis het nie DStv nie, maar films is beskikbaar.

Little Sanctuary het 2 privaat swembaddens met asemrowende uitsigte oor die vallei. So, vat 'n bottel wyn of 'n skemerkelkie saam wanneer julle gaan afkoel, of gaan besoek die gewilde warmwaterbronne in die winter wat net 2 minute se stap van Little Sanctuary af is. 'n Wasgoeddiens is beskikbaar vir langer verblyf.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 8 resensies vir Little Sanctuary
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Uitvluchtstraat 27, Bergsig, Montagu, 6270, Wes-Kaap
  • Gaste dink Little Sanctuary het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Montagu Boland Wes-Kaap
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Uitvluchtstraat 27, Bergsig, Montagu, 6270, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdm6hh48aaQPsx8p4ytXeg5jSrg7Ltu6saOT1oH406vD8KIcwzT?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R850  per nag (plek vir 2) 8 5 1 5 27 Uitvlucht Street Bergsig 6270 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.765226891199 20.119445419296
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za