Little Scotia Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Little Scotia is 'n ontspanne en huislike gastehuis van hoë gehalte in die hartjie van Rondebosch, na aan die Universiteit van Kaapstad. Dit word deur 'n gesin bestuur. Die gastehuis is geleë halfpad tussen Kaapstad Internasionale Lughawe en die middestad, en alles van Tafelberg tot die Kaapse Wynlande is net 'n kort motorrit ver.

Ons bied gehalte-verblyf wat smaakvol gemeubileer is. Dis ideaal hetsy jy op jou eie of as deel van 'n groot groep reis. Elkeen van die gastekamers het lugversorging, 'n en suite-badkamer en 'n TV met DStv-kanale, 'n privaat kluisie, internasionale kragproppe, 'n haardroër, japonne en koffie- en teemaakgeriewe. Al ons beddens is oorgetrek met perkallinne.

Ons het reeds bekendheid verwerf vir ons gulhartige, dekadente en ontspanne Engelse ontbyt en ons bied net soveel meer waarde vir jou geld. Ons bied ook veilige parkeerplek en WiFi en 'n eerlikheidskroeg met koue drankies en versnaperinge wat langs een van die 2 swembad-areas geniet kan word. Hetsy jy in die son lê of onder die grasdak ontspan, sal jy sielsgelukkig wees. Die ontvangspersoneel is vriendelik, kundig, diensgeoriënteerd en altyd gereed om jou by te staan met inligting, toere en taxi's te reël, en in jou behoeftes te voldoen.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Little Scotia Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 280 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za