Long Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Long Cottage is 'n selfsorgkothuis op die eienaar se perseel in Wynberg in 'n magiese en versteekte tuin. Dié verblyf is ideaal geleë om die bekoorlike Kirstenbosch en Constantia-wynplase te besoek, asook toeristebestemmings soos Tafelberg, die Waterfront, Kaappunt-reservaat en bekende strande.

Dié tweeslaapkamerkothuis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Bad- en stortgeriewe is in die kothuis beskikbaar.

Die kombuis is goed toegerus en bied 'n ingeboude tweeplaatstofie, yskas-vrieskas en konveksie-mikrogolfoond. Die leefarea het 'n etenstafel met 4 stoele en 'n sitkamerarea met 'n gemaklike bank en platskerm-TV.

Buite is daar 'n privaat patio met sitplek en dit bied uitsigte oor die tuin. 'n Swembad en 'n boule piste-baan is op die perseel beskikbaar. Dié kothuis is in die hartjie van die Chelsea Village, 'n verklaarde erfenisgebied, geleë en is 'n kort entjie se stap vanaf een van Kaapstad se gunsteling-ontbytkafees en die area se plaaslike kroegrestaurant.

Slaapplek

'n Bespreking by Long Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Long Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 650 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false