Bela-Bela Akkommodasie by Mabalingwe Safari Lodge | LekkeSlaap
+20

Mabalingwe Safari Lodge

2 resensies
Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 20% af

Kry 20% af vir verblyf wat 15 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R516 , Mabalingwe Natuurreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 050 R3 240 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Mabalingwe Safari Lodge is 'n moderne huis is in die Mabalingwe Natuurreservaat met pragtige uitsigte oor die Bosveld. Die perseel is privaat en eksklusief.

Dié huis bied slaapplek aan 6 volwassenes en 4 kinders en het 2 en suite-solderslaapkamers op die boonste verdieping en 'n oopplan-solderarea in die hoof-leefarea met 'n privaat badkamer. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens en die en suite-badkamer het 'n stort en 'n bad. Die oopplan-solderarea het 2 enkelbeddens en 'n privaat badkamer met 'n stort. Elke solderkamer het lugversorging.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus. Die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met DStv.

Die leefarea lei na 'n houtdek met stoepmeubels en 'n swembad met 'n net. Die huis spog met 'n ingeboude braai, asook 'n boma met 'n vuurmaakplek. Gaste het toegang tot onderdakparkeerplek en daar is 'n wildkykvoertuig teen 'n ekstra daaglikse koste beskikbaar. Die voertuig moet vir die volle duur van die gaste se verblyf bespreek word.

Die huis is naby Mabalingwe se ontspanningsgeriewe geleë, insluitend tennisbane, muurbalbane, putt-putt-bane, warm- en koue swembaddens en 'n plaaswinkel, sowel as die restaurant, 'n boma, kroeg, Jacuzzi en 'n sauna. Mabalingwe bied 'n uitstekende vermaaklikheidsprogram aan wat 'n wye verskeidenheid avontuurdoendinge insluit, soos begeleide wildkyk en perdry indien gaste vooraf gereël het.

Slaapplek

’n Bespreking by Mabalingwe Safari Lodge sluit in:

Dubbelbed Kinderbed vir 1
Slaapkamer 1
Plek vir 4 persone
1 xDubbelbed
2 xKinderbed vir 1
Dubbelbed Kinderbed vir 1
Slaapkamer 2
Plek vir 4 persone
1 xDubbelbed
2 xKinderbed vir 1
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 2 resensies vir Mabalingwe Safari Lodge
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • R516 , Mabalingwe Natuurreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Mabalingwe Safari Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R4 050
Vanaf R3 240
per nag (plek vir 6)
was R4 050
Vanaf R3 240
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R516 , Mabalingwe Natuurreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAATFHWinXmJkYmVWwRxsbDu3mUS9X8U1QKhjm2X3PyGRX9mA4vFg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R4 050, nou Vanaf R3 240  per nag (plek vir 6) 2 5 1 5 R516 Mabalingwe Nature Reserve 0480 Limpopo 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -24.847176 28.052643
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za