Mackaya Bella Country Lodge
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R600, Cathkin-vallei, 3340, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 400 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Mackaya Bella Country Lodge is in die Ukhahlamba Drakensberge, die hoogste bergreeks in Suid-Afrika, geleë. Dié area is as 'n Wêrelderfenisgebied verklaar as gevolg van diverse voël-, plant- en inseklewe, en die groot verskeidenheid San-rotstekeninge. Mackaya Bella Lodge skuil aan die voet van dié bergreeks. Die lodge bied rustigheid en is die ideale plek vir gaste om te ontspan.
Die hooflodge bied prentjiemooi uitsigte op Cathkin Peak, Champagne Castle, Monks Cowl en Dragons Peaks.
Mackaya Bella Lodge het 3 eksklusiewe kliprondawels met grasdakke. Elke kamer is 18 m² groot, is uniek gemeubileer en in 'n ontwerperstuin geleë. Elke kamer het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-stort met handdoeke en ander geriewe. Sommige kamers het hulle eie stoepe en uitsigte op die berge. Elke kamer het 'n verwarmer, waaier, platskerm-TV met DStv, tee- en koffiemaakgeriewe.
Wild, soos bobbejane, ape, bosvarke, klipspringers, ribbokke, jakkalse, ystervarke, otters en sebras kan gereeld om die lodge gesien word. Daar is sprake van 'n luiperd wat al in die berge gesien is. Mackaya Bella is ook ideaal vir voëlliefhebbers en daar is reigers, uile, arende, aasvoëls, baardaasvoëls, suikerbekkies, visarende, dassievoëls en vele meer.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- R600, Cathkin-vallei, 3340, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Mackaya Bella Country Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Champagne Vallei Champagne Castle Drakensberge KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R600, Cathkin-vallei, 3340, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom