MacNut B&B

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

MacNut B&B is 7 km vanaf Nelspruit se stadskern en Ilanga Mall, en slegs 10 minute se ry van MediClinic af. Dit is ideaal geleë vir gaste wat op soek is na gerieflike, ontspanne verblyf in 'n rustige omgewing.

Daar is slaapplek vir 7 gaste in 3 aparte kamers wat op die onderste verdieping van 'n ruim huis geleë is. Die kamers kan apart of saam bespreek word. Semi-selfsorg-opsie is ook beskikbaar met braaigeriewe, 'n tweeplaatstoof, braaipan, yskas en breekgoed.

Elke kamer het 'n en suite-badkamer en tee- en koffiemaakgeriewe.

Die ruim patio-kamer het 3 enkelbeddens en 'n volledige badkamer met 'n bad en 'n stort.
Die tweede kamer het 'n dubbelbed met sy eie en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en toilet.
Die derde kamer is aan die buitekant geleë met 'n aparte ingang vanaf die tuin.

Semi-selfsorggeriewe is beskikbaar sodat gaste ligte maaltye op die stoep kan voorberei. 'n Mikrogolfoond, braaipan en/of tweeplaatstoof kan voorsien word. Daar is 'n yskas op die stoep. Eetgerei is beskikbaar en skottelgoed sal gewas word.

Die lowerryke tuin het 'n swembad en is ideaal vir voëlkyk, ontspan en swem. Daar is 'n wandelpaadjie wat tot by die 2 damme kronkel en spog met verskeie voëlspesies.

Ontbyt en aandete is teen ekstra koste beskikbaar en moet 'n dag vooraf gereël word. Kospakkies is beskikbaar op versoek vir sakereisigers of besoekers wat op pad is na die Wildtuin of Mosambiek. Daar is ook braaigeriewe en 'n yskas op die stoep.

Oorgenoeg veilige parkeerplek vir voertuie en sleepwaentjies is beskikbaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Internet

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na MacNut B&B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R620 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]