Magoebaskloof Getaway

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die houthuise by Magoebaskloof Getaway is die perfekte oornagplek vir sakereisigers, verkoopspersone en vakansiegangers. Dit is in die malaria-vrye deel van Limpopo geleë.

Magoebaskloof Getaway is 'n oase van vrede en rustigheid waar jy heerlik kan ontspan en die welige, subtropiese plantegroei kan geniet. Die fonteinwater wat hierdeur vloei, sal jou bekoor en jy sal lekker skoon, vars lug kan inasem.

Ons het 4 pragtige houthutte. Die Narina- en Samango-eenhede is net bokant die baarsdam geleë. Die hutte is elkeen volledig toegerus met 'n yskas, stoof, mikrogolfoond en eetgerei. Linne word ook voorsien. Die eenhede word daagliks skoongemaak.

Magoebaskloof Getaway is goed geleë in die pragtige, bergagtige Magoebaskloof. Dis minder as 3 uur se ry van Pretoria af en jy kan gerus die omgewing rondom Magoebaskloof Getaway gaan verken. Die pad is geskik vir motorfietse. Stap deur die woud en langs die rivier terwyl jy luister hoe die voëls rondom jou kwetter. Wees ook op die uitkyk vir die seldsame Samango-apie. Daar is twee plaasdamme waar jy forel, baars, karp en kurper kan vang. Kom kunsvlieghengel terwyl jy die pragtige natuurskoon en berge van Magoebaskloof geniet.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Magoebaskloof Getaway gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R740 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false