LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Majaneng B&B | LekkeSlaap
+20

Majaneng B&B

6 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gilfillanstraat 27, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R700 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Let wel dat die tarief ontbyt uitsluit. Dui asseblief aan indien jy 'n kwotasie met ontbyt wil hê. Die selfsorg-tariewe sluit ontbyt uit.

Majaneng is in 'n stil buurt in Bela-Bela.

Dit is 'n gesin-georiënteerde gastehuis in Bela-Bela wat naby restaurante geleë is. Dié gastehuis bied gerieflike verblyf en is die perfekte plek om lekker te ontspan.

Majaneng het 3 en suite-slaapkamers en 'n selfsorg-eenheid. Die slaapkamers is op die tweede verdieping van die huis geleë en is elkeen ingerig met koffie- en teemaakgeriewe, 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n yskas, mikrogolfoond, lugversorging en 'n plafonwaaier. Daar is 2 groter slaapkamers wat elkeen 'n koninggrootte-bed en 2 enkelbeddens het. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed.

Die selfsorg-eenheid is in die tuin geleë en het 'n privaat ingang agter 'n afstandbeheerde palissade-hek. Dié eenheid het 'n dubbelkamer met 'n en suite-badkamer en 'n aparte oopplan-leefarea, -kombuis en -eetkamerarea met 'n dubbelstapelbed vir kinders. Die kombuis is toegerus met eetgerei en breekware, 'n yskas-vrieskas, 'n drieplaatstoof, 'n mikrogolfoond en 'n ketel. Die eenheid het ook 'n TV met sekere DStv-kanale, plafonwaaiers en privaat braaigeriewe.

Majaneng bied slaapplek vir 6 gaste wat deel. Gratis WiFi is beskikbaar vir gaste.

Die gastehuis het 'n groot immergroen tuin met 'n plonspoel, 'n braai-area en swaaie vir die kinders. Nog 'n braai-area is op die stoep onder 'n lapa beskikbaar. Daar is nie 'n kombuis in die gastehuis beskikbaar nie, maar gaste kan gerus die oondjie onder die lapa gebruik. Majaneng het parkeerplek agter 'n afstandbeheerde palissade-hek.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Groot 5
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 6 resensies vir Majaneng B&B
Netheid
4.3/5
Diens
4.2/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
3.8/5

Ligging

  • Gilfillanstraat 27, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Majaneng B&B het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R700
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R700
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gilfillanstraat 27, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGUwM2ZmOTAxLTFhMjktNGEwNi05OWU0LTMwMDAzNjA2MDk4Mg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R700  per nag (vir 2 persone) 6 5 1 5 27 Gilfillan Street Bela-Bela 0480 Limpopo 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -24.881168514046 28.2818075
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!