Makakatana Bay Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Makakatana Bay Lodge is die enigste privaat lodge in die middel van die iSimangaliso-vleilandpark aan die oewer van die St Lucia-meer. Die iSimangaliso-vleilandpark is 1 van die min natuurlike wonders wat nog oor is waar daar ongerepte strande, groot vleilande en wildreservate in 1 reservaat gekombineer word.

Makakatana Bay Lodge bied gaste 'n onvergeetlik safari-ervaring in KwaZulu-Natal met sy luukse wildkyk-suites en uitstekende diens. Daar is 8 helder en ruim suites vir gaste. 3 van hulle is in die duinwoud geleë en word gereeld deur vriendelike vlakvarke, rooiduikers, njalas, bosapies, voëls en seekoeie besoek. 1 kamer het 'n uitsig deur die bos oor die vlei en die ander kamer het ’n uitisg op die meer. Die wittebroodsuite is privaat geleë met uitsigte oor die vlei. Daar is groot vensters en terrasdeure met 'n muskietskerms wat na 'n privaat uitkykdek lei wat luuksheid soomloos met die omgewing kombineer. Die 2 gesin-suites het slaapplek vir 4 gaste in 1 koninggrootte-bed en 2 driekwartbeddens in 2 skakelkamers.

Die St Lucia-meer bied 'n tuiste vir 367 voëlspesies - daar is maar 'n handjie vol plekke in Afrika wat spog met so 'n groot verskeidenheid. Beleef die bekoorlike vleiland per boot of besoek die Groot-5 by die wêreldbekende Hluhluwe-Umfolozi Wildreservaat. Makakatana sal jou neem na die onbesoedelde strande, omring deur van die hoogste duinwoude in die wêreld. Die ongerepte strande en waters spog met die enigste skilpadteelaarde in die ganse subkontinent. Hier kan jy snorkel, swem en vir lang wandelinge gaan langs Cape Vidal se pragtige strande. Hou piekniek terwyl die golwe jou voete afkoel en vang 'n bietjie Afrika-son! As die seisoen reg is kan bultrugwalvisse, grasieuse walvishaaie en dolfyne ook hier aanskou word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Wynkelder
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Drankies ingesluit
  •  Tee
  •  Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Makakatana Bay Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R10 894 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false