LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Makumu Private Game Lodge | LekkeSlaap
+51

Makumu Private Game Lodge

Wildsplaas
Spesiale Aanbod 30% af

Kry 30% af. Geldig vanaf 25 Mei 2021 tot 30 Sep 2021.

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Langs Argyle-weg, Erfdeel 17 van Dundee 32 KU, Klaserie Privaat Natuurreservaat, 1380, Mpumalanga
  • Geen kinders onder 8
  • Vanaf R15 800 R11 060 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Makumu is 'n luukse privaat wildlodge wat alles insluit en vorm deel van die Klaserie Privaat Natuurreservaat in Hoedspruit. Klaserie is een van die grootste privaat natuurreservate in Suid-Afrika en is deel van die Kruger Nasionale Park.

Verblyf is beskikbaar in luukse villas, elkeen met sy eie unieke styl en dekor. Die suites het of 'n koninggrootte-bed of enkelbeddens en het elk 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort en toilet. Elke suite word sag belig deur kerse en het 'n plafonwaaier en kragproppe om toestelle mee te laai.

Die lodge se houtdek is aan die oewer van die Leopard-seisoenrivier geleë en word hoofsaaklik vir aandete gebruik. Gaste kan onder die oop Afrika-sterrehemel by die vuur sit en ontspan, asook due gebrul van 'n leeu of 'n luiperd en die roep van 'n uil hoor. Die lodge bied rustige en intieme boma-etes.

Daar is ook 'n swembad om in af te koel na 'n dag in die Afrika-son. Dié swembad pas in by die omringende bosveld en gaste moet dus nie verbaas wees as 'n olifanttrop hier kom kuier om hul middagdors te les nie.

Daar is 2 wildritte per dag in 'n oop Landrover met 'n gewapende wildbewaarder en 'n shangaan-spoorsnyer op soek na die ontwykende Groot 5, asook die klein en groot wonders van hierdie pragtige stukkie van Suider Afrika. Wildritte word normaalweg vroegoggend en laatmiddag gedoen.

Die kans om wild te sien is goed by Makumu. Vanaf die voëllewe vroeg in die oggende soos die son oor die horison begin loer, tot ons inwonende vlakvark-gesin wat die lodge se grasperk besoek en die olifanttrop wat hulle dors by die swembad les, daar is altyd die kans op 'n wildervaring.

Let daarop dat die bewaringsfooi nie by die tarief ingesluit is nie en dat dit apart gehef word na gaste die bespreking gemaak is.

Makumu Luxury Private Game Lodge is die verwesenliking van die eienaar se kinderdroom. Met ondersteuning van sy gesin en 'n toegewyde span kreatiewe mense, het hy die pragtige Makumu Luxury Private Game Lodge geskep. Die lodge is tegelyk verwelkomend, uitnodigend en ontspannend en omring gaste met die warmte, die aardse kleure en die ryk teksture van Afrika.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte Ingesluit
  • Portier
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gimnasium
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Drankies ingesluit
  • Middagete
  • Tee
  • Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Langs Argyle-weg, Erfdeel 17 van Dundee 32 KU, Klaserie Privaat Natuurreservaat, 1380, Mpumalanga
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R15 800
Vanaf R11 060
per nag (vir 2 persone)
was R15 800
Vanaf R11 060
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Langs Argyle-weg, Erfdeel 17 van Dundee 32 KU, Klaserie Privaat Natuurreservaat, 1380, Mpumalanga
  • Geen kinders onder 8
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDdkYzcxNGU5LTA3NzMtNDA4Ni04NjA2LWJlNjRjNDJkYzViOQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R15 800, nou Vanaf R11 060  per nag (vir 2 persone) Off Argyle Road Portion 17 of Dundee 32 KU 1380 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-16:00 11:00 -24.145833333333 31.166111111111
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!