Malherbe Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die eienaars Joop en Micky verwelkom gaste hartlik by hul Kaap-Hollandse gastehuis in Montagu.

Malherbe Guesthouse is 'n Nasionale Monument en in 1859 gebou. Die huis is met baie liefde opgeknap en bied verblyf in 4 en suite-kamers met privaat ingange en stoepe aan. Die kamers het lugversorging, 'n TV met DStv, 'n yskassie, 'n elektroniese kluis, 'n gasvryheidskinkbord, 'n haardroër en gratis WiFi. Die gastehuis het ook 'n ruim gastesitkamer waar gaste 'n gratis glasie Montagu Muscadel kan geniet.

Die gastesitkamer kyk uit oor die tuin met pragtige uitsigte op die Langeberge. Koel lekker in die swembad af of ontspan in 'n lekker gemakstoel.

Soggens word 'n heerlike ontbyt met tuisgebakte brood en vars lemoensap op die stoep onder die prieel of in die gastehuis bedien.

Malherbe Guesthouse bied veilige parkeerplek op die perseel en daar is restaurante stapafstand van die gastehuis af.

Die Malherbe Guesthouse is perfek in Montagu geleë. Dis 'n ou dorpie op die legendariese Roete 62 wat deur die Breederiviervallei kronkel, halfpad tussen Kaapstad en Oudtshoorn, en bokant die Tuinroete.

Die gastehuis is 'n amptelike voorraadhouer van Carrol Boyes en Skinny laMinx.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Vlaams
  •  Frans
  •  Duits

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Malherbe Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 460 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false