Malmane Eye Private Retreat
Beskrywing
Malmane Eye Private Retreat is op 'n plaas tussen Lichtenburg en Ottoshoop geleë en bied slaapplek aan 8 tot 12 gaste. Dis die perfekte plek om in die natuur se stilte te ontspan.
Dié chalet is ideaal vir 2 volwassenes en beskik oor 'n koningingrootte-bed en 'n privaat badkamer met 'n losstaande bad wat oor die wilgerbome en water uitkyk. Daar is 'n dakwaaier, 'n yskas, koffie- en teemaakgeriewe en 'n TV met 'n hardeskyf met flieks en TV-reekse in die kothuis.
Die lapa langs die kothuis het 'n semi-private solderkamer met 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens en 'n slaapbank in die gemeenskaplike area. Die lapa het ook 2 badkamers, 1 met 'n stort en toilet, die ander met slegs 'n toilet.
Verder het die lapa 'n kroeg-area met sitplek vir 10, 'n kombuisarea met 'n yskas, vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, ysmaker en koffie- en teemaakgeriewe. 'n TV, Samsung “bluetooth soundbar” en braaigeriewe binne en buite die eenheid is tot gaste se beskikking. DStv kan teen 'n ekstra koste aangeskakel word. Swartpotte en roosters is ook tot gaste se beskikking. Die lapa lei na 'n stoep met 'n uitsig oor die bome en water.
Daar is ook 3 permatente. Een van die tente het 'n koningingrootte-bed en die ander 2 het elk 2 enkelbeddens wat nog slaapplek bied vir 6 gaste. Die 3 tente het toegang tot hulle eie badkamer. Die tente kyk uit op die lowerryke bome en water.
Gaste kan ook hulself vermaak deur ‘n swem in die vars kristalhelder water, kanovaarte, paddle-ski’s, springmat en ‘n veerpyltjiebord. Twee bergfietse is tot gaste se beskikking teen 'n ekstra koste per fiets. Gaste mag visvang maar moet eie toerusting bring. Andersins kan toerusting teen 'n ekstra koste gehuur word.
Daar is verskeie doendinge op die plaas soos bergfietsroetes, voetslaanpaaie, visvang, kanovaart en sterrekyk. Die plaas het baie bome, lowergroen gras en meer as 75 voëlspesies.
Slaapplek
'n Bespreking by Malmane Eye Private Retreat sluit in:
1 x Koningingrootte-bed
1 x Koningingrootte-bed
2 x Enkelbed / Driekwartbed
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
1 x Dubbelslaapbank
Kenmerke
- Afrikaans
- Swembad
- Braaiplek
- Troeteldiere indien gereël
- Veilige Parkering
- Gratis WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte Toilet
- Stort
- Seep
- Ondervloerse verhitting
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Dienste
- Kamer daagliks skoongemaak
- Koordlose Internet
Ekstras
- Kroegyskas
- Tee en Koffie Skinkbord
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Kamergeriewe
- Verekombers
- Elektriese kombers
- Waaier
- Kaggel
- Klein Kombuis
- Sitkamer
- Ondervloerse verhitting
Konferensiegeriewe
- Dataprojektor
- DVD-speler
- Blaaibord
- Witborde
- Skootrekenaar-projektor
- Televisie
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Maaltye Aangebied
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Vermaak
- Boeke en Tydskrifte
- Eksklusiewe DSTV
- TV
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Malmane Eye Private Retreat gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |