Manzini 38 - Go & Sea
Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 3 Mei 2024 tot 30 Jun 2024.
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mckenzie-straat 100, Manzini Chalets 38, St Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R1 200R960 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Manzini 38 - Go & Sea is 'n gerieflike selfsorgwoonstel wat slaapplek aan 4 volwassenes in St. Lucia bied.
Die eenheid is in 'n kompleks met 'n lieflike tuin en daar is verskeie staproetes wat na die oewer van die riviermonding lei. Die chalet beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis en leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n slaapbank vir 'n kind en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Die kamers deel 'n badkamer wat 'n hoekbad, stort en toilet het. Linne, komberse en bad- en swemhanddoeke word voorsien. Daar is ook noodligte in elke vetrek, wat tydens beurtkrag gebruik kan word.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n gas stoof en oond, mikrogolf, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe en gaste kan maaltye by die toonbank geniet.
Die leefarea het 'n slim-TV met Wi-Fi vir Showmax en Netflix waarop gaste self kan inteken. Die area lei na 'n privaat stoep met braaigeriewe en 'n uitsig oor die tuin.
Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en braaigeriewe sowel as veilige onderdakparkeerplek en sekuriteit.
Manzini 38 - Go & Sea is net 750 m van verskeie winkels en restaurante af en daar is baie aktiwiteite en besienswaardighede in St. Lucia insluitend seekoei- of krokodiltoere, perdry, staproetes, voëlkyk en visvang. Gaste kan ook kyk hoe die vrylopende seekoeie wei of die St. Lucia Wildreservaat besoek wat 'n UNESCO-Wêrelderfenisgebied is.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Angelique Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 31
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Mckenzie-straat 100, Manzini Chalets 38, St Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Manzini 38 - Go & Sea het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in St. Lucia-riviermonding Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mckenzie-straat 100, Manzini Chalets 38, St Lucia, 3936, KwaZulu-Natal